PP Background 2 (1).jpg
Copy of NG Kerk Buffeljagsrivier LOGO (2).png

Hoe laat begin die erediens?
9:30vm elke Sondag
onthou jou masker

Ons het 'n familie-kamer, is rolstoel-vriendelik en drink na die erediens saam koffie en tee.

Junior kategese (gr.R-6) vind plaas tydens die erediens.

Senior kategese is na die erediens.

Wall

Hoe werk dinge terwyl ons op soek is na 'n nuwe dominee?

Tydens die eerste kwartaal sal ds.Manus Duminy die eredienste lei. Ds.Manus is afkomstig van Heidelberg en tans afgetree op Stilbaai. Hy was voorheen leraar op Victoria-Wes.

Wanneer ons die kortlys van aansoeke gefinaliseer het, sal hierdie dominees ook tydens die eerste kwartaal by ons kom preek.

As daar enige vrae is rakende Gemeente ondersteuning en ander dinge - kontak asb. ons Kerkraad Voorsitter - Frans Hugo 082 854 9468

Ons hoop om in die tweede kwartaal weer 'n permanente leraar by NG Kerk Buffeljagsrivier te hê.

jpg mm.jpg
PP0 (2).jpg
PP0 (1).jpg
2017 05 01 Paasfees (2).jpg
Wood Panel

IS JY
NUUT?

Is jy nuut in Buffeljagsrivier of Swellendam? Wil jy deel raak van ons gemeente of 'n Groei-groep? Dalk wil jy by een van ons aksies betrokke raak? 

Kontak Sakkie (kies hierdie skakel)