Kwartaal 3 Week 6

Dawid en Absalom

Lees hierdie baie hartseer stukkie familiegeskiedenis is 2 Samuel 15 – 18 en kyk die oulike animation ook:  Kyk video

1) As jy jou ouer/s in ‘n video game kon beheer (soos in hierdie oulike clip), hoe sou julle doen?  Hoe sou julle saamwerk om die game te wen?
 

2) Waarom dink jy was Absalom en Dawid se verhouding so sleg?  As jy die groter prentjie wil verstaan lees ook 2 Samuel 13 en 14.  (Absalom was kwaad dat Dawid nie opgetree het teen Amnon nadat Amnon vir Tamar (Absalom se suster en ook Dawid se dogter) verkrag het nie.  Hy was bitter teleurgesteld in sy pa.  Toe maak hy self ‘n plan en maak vir Amnon (sy stiefboetie!) dood en dan vlug hy weg.  Na 3 jaar vra Joab een van Dawid se generaals (en ook die ou wat Absalom op die ou end doodmaak!) vir Dawid dat Absalom moet terugkom – net om te hoor hy mag terugkom maar sy eie pa wil hom nie sien nie!  Eers twee jaar daarna kom Absalom by sy pa uit! – PRAAT VAN FAMILIE DRAMAS!)


3) Waarom dink jy het Absalom gedink hy sou ‘n beter koning wees as Dawid aka geREBELEER teen sy pa? 
 

4) Wie (Dawid, die ouer of Absalom, die kind) in die verhaal is reg en wie is verkeerd? Hoekom dink jy so?  Duidelik is albei hier verkeerd.  Dawid moes harder wees teenoor Amnon en Absalom moes met sy pa probeer praat het oor die situasie VOOR hy Amnon vermoor het.
 

5) Maak bietjie ‘n lys van al die emosies in die storie.  Jy kan twee kolomme maak – een vir Dawid (die Ouer) en een vir Absalom (die Kind).  Hoe vergelyk die lys van Dawid en Absalom se emosies met die emosies in jou verhouding met jou ouer/s?   Hoe beïnvloed die emosies ons gesprekke met mekaar?
 

6) Om jonk te wees is nie maklik nie – daar is so baie issues en challenges.  Wat is tans issues en challenges in JOU lewe?  Hoe sou jy graag wil hê jou ouer/s moet help?
 

7) Kom ons draai gou bietjie die ding om – dink jy dit is maklik om ‘n ouer te wees? Watter issues of challenges is daar in jou Pa/Ma se lewe tans?  Hoe kan jy hulle help?
 

8) Een van die bekendste gebooie is “Eer jou Vader en jou moeder...”  Wat dink jy beteken dit om “gehoorsaam” te wees en ons ouers te “eer”?    Wat leer die Bybel ons?  Dit is bietjie baie teksgedeeltes maar lees GROOT ASB: Markus 12:28 – 31;  Gal 5:22 – 26; Efes 6:1 – 4 ; Psalm 119:9; Spreuke 1:8; Spreuke 15:5; Spreuke 23:22; Spreuke 23:24) (NS:As jy wil skrik lees Spreuke 30:17 😊 )
 

9) Wat as my ouers vol foute is en my teleurstel?  Wat as my ouers onredelik is? Hoe “gehoorsaam” en “eer” ek hulle?  Lees wat skryf Paulus in Kol 3:12 – 17.
 

10) Die wêreld is altyd vol raad vir beter verhoudings met kinders en hul ouer/s - Kyk die clip van die tiener meisie se raad vir ouers by ‘n TEDx (kyk video) en die clip van die ouer meisie (kyk video)?   Wat dink jy daarvan in die lig van wat die Bybel sê?
 

DOEN:  Skryf vir jouself ‘n PLAN neer na aanleiding van Dawid en Absalom se storie vir jou verhouding met jou ouers.  Deel en bespreek dit bietjie met jou ouer/s.