Kwartaal 3 Week 8

Elia

Lees 1 Konings 17 & 1 Konings 18 oor die profeet Elia

Kyk na hierdie oulike opsomming van 1 Konings 18 - video

 

1) Vraag: ”Wie is God?” 
 

2) Vraag: “Wat glo jy oor God?  

 

3) Vraag: "Waar is God?  

 

4) Vraag: "Wat doen God?”


5) Is dit belangrik om te weet WAT ek glo oor God?  Hoekom dink jy so?
 

Regdeur Israel se geskiedenis het hulle maar ‘n storie gehad om agter ANDER gode (AFGODE!) aan te gaan – veral Baäl.  (Baie geleerdes Ooms en Tannie sê die Goue kalf storie in Eksodus 32 was eintlik al die begin van hierdie Baäl-pad!)

 

6) Watter “afgode” is daar vandag wat ons eerder volg as vir God?  

 

7) Watter van daardie afgode stuggle jy mee?


Lees en onderstreep 1 Konings 18:21.  

 

8) Hoe sal jy reageer as die dominee Sondag vir julle in die kerk hierdie vraag vra?

 

9) Dink jy dit sal ‘n goeie vraag wees om vandag te vra? Hoekom?


Lees 1 Konings 18:36 – 39.  

 

10) Hoe sou jy reageer as jy die dag deel van daardie skare op die Karmelberg was? 


11) Het jy ook dalk al so “vuur uit die hemel”-moment in jou lewe beleef waar jy net stomgeslaan sou staan en sê: “OKAY – DIE HERE IS GOD!”?  Waar was dit en wat het gebeur? 


12) Hoekom dink jy vergeet mens sulke oomblikke so gou?
 

Onderstreep 1 Konings 18:39 

 

Hierdie is een van die eerste belydenisse van GELOOF – “DIE HERE IS GOD!” In die kerk (Nie net ons NG Kerk nie maar die worldwide kerk) het ons ‘n geloofsbelydenis wat ons baiekeer (TE MIN!) opsê – Google bietjie die Apostoliese geloofsbelydenis of in Engels, “The Apostles Creed”.  

 

Hierdie geloofsbelydenis het ontstaan in oomblikke soos hier in Elia se tyd om vir ons te help onthou WIE God is en WAT Hy doen.  MAAR al het ons hierdie amazing geloofsbelydenis is ons maar eintlik soos robotte wat dit maar net opsê soos pappagaaie. Kyk gou bietjie hier oor hoe awesome hierdie Credo (ander mooier woord vir belydenis) is: VIDEO

 

13) Hoe verander die clip jou siening oor die Credo?  

 

14) Dink jy, jy gaan dit volgende keer as jy dit hoor anders sê?
 

15) Hoe kan ‘n Credo (Geloofsbelydenis) soos 1 Konings 18:39 se eenvoudige sin van “Die Here IS GOD!”of die Twaalf Artikels jou help in moeilike tye?
 

DOEN:  Lees weer 1 Konings 18 deur, kyk bietjie na Newsboys se liedjie “We believe” (Newsboys Video) en Rich Mullins se “Creed” (Rich Mullins Creed) en skryf jou eie CREDO oor God neer en share dit op WhatsApp vir Oom-dominee Nico.  Dit hoef nie bladsye te wees nie – al is dit soos 1 Koning 18:39 EEN sin – dink bietjie oor jou CREDO en share dit!