Kwartaal 4 Week 4

Ester

T - TRUE (FAITH)

 

Lees: Ester in jou Bybel.

Video: Video 1 en Video 2

 

1) Wat is jou mooiste eienskap? En jou slegste?

 
Lees: Psalm 139:13 - 16

 

2) Wat lees jy daar oor God en oor hoe jy gemaak is?

Ek is wonderbaarlik aanmekaar gesit deur die Here. Hy het my gesien toe ek nog net n bondel selletjies was. Hy het my n wonderwerk gemaak en perfek, baie special en.suoer uniek gemaak.


3) Glo jy God het jou baie special en uniek gemaak?


4) As die Bybel dan van my praat as n amazing wonderwerk, hoekom sien ek net die sleg in myself raak en dink ek soms ek is junk?

Die wêreld waarin ons bly wil hê ons moet onsself vergelyk met mense en dinge wat n "standard" stel. Ons mag nie en moenie gemaklik wees met wie ons is en ons eienskappe nie. Die flieks, series, boeke en music videos wys ons hoe ons moet lyk en wees. Die wêreld se standaard vir perfek en suksesvol wees sê jy mag nie wees wie God jou gemaak het nie... Amper asof die wêreld wil sê God se standaarde is te laag! Shocking as jy dink dat God die Een is wat die wêreld gemaak het!


5) Hoekom dink jy het die Avengers en die Justice League klomp superheroes in hulle? Want elke superhero het unieke powers.


Lees: Ester 4:12 - 14.  

 

6) Wat dink jy wil Ester ons vertel oor geloof? God word dan nie eers in die boek genoem nie?

Ester was n Joodse meisie wat baie mooi was. Sy was trots op haar Joodse agtergrond maar was bang en versigtig om dit te vertel vir die Koning. Tog het sy geweet WIE SY WAS en WAAR sy vandaan kom. Sy kon ook tussen die ander Jong meisies in die paleis maar net wees soos die res, maar sy het uitgestaan omdat sy in haarself en in God wat haar gemaak het geglo het. 


Sy het baie redes gehad om vir God kwaad te wees en teleurgesteld - haar ouers is dood toe sy jonk was, sy is in n vreemde land met Koning wat baie dink van homself en sy eie vrou weggeban het en nou is Ester skielik die man se vrou... N wees Joodse meisie, n nobody word koningin van die powerfulste Koning in die wêreld! Maar sy word juis koningin in n tyd toe haar volk in die moeilikheid kom deur n wrede ou - Haman. Sy het n keuse gehad - Be True to yourself en glo dat God jou gemaak het en jou gebring het vir hierdie oomblik en tyd OF bly stil en gaan net aan om in te blend met die crowd en nie te wees WIE jy is nie. 


Sy het nie stilgebly oor wie sy was nie, sy was TRUE aan haarself en haar agtergrond en Wie God HAAR gemaak het. GELOOF is nie NET om in God te glo nie, maar om ook te glo dat God JOU UNIEK en baie SPECIAL gemaak het met n klomp eienskappe waarop HY trots kan wees. HY maak nie foute nie! Jy is NIE gemaak om stil te bly en in te blend nie maar om True te wees aan Wie GOD jou gemaak het! BE TRUE TO YOU&you (Die hoofletters wys na God wat JOU geskep het en die klein letter na jouself.

 
Kyk gou die twee clips:

Vir die meisies: video

Vir die ouens: video


7) Maak n lysie van die woorde wat God oor jou sê wat jou tref oor jouself! 


8) Hoe gaan jy hierdie woorde onthou en begin leef maw Hoe gaan jy True TO You&you raak! 


Doen: Skryf vir jouself die woorde van "Weet jy dat Jesus jou liefhet" neer en lees dit elke dag en begin dit glo en leef True to You&you!