Kwartaal 4 Week 5

Jesus se koms

H - HOPE (FAITH)

 

Lees: Lukas 2:1 – 20 in jou Bybel saam met:  

Video: kies hierdie skakel

 

1) Waarvoor hoop jy hierdie Kersfees?

Goeie punte, ‘n rustige vakansie sonder enige lockdowns, lekker kuiers by pelle, baie lekker weer vir swem en natuurlik baie cool geskenke!

2) Is die Kersfees storie nog enigsins spesiaal vir mense in 2021?  Wat is vir jou spesiaal aan die Kersfees storie?

Wees maar eerlik – ek dink vir baie mense is dit maar net nog ‘n dag – ja ons kuier lekker en kom dalk kerktoe en kry geskenke, but thats it...dit tel niks meer nie!

Kyk: https://www.youtube.com/watch?v=TM1XusYVqNY

 

3) Wat maak die Kersverhaal so “unexpected”?  

ALLES in die storie is “unexpected”!  God stuur SY eie Seun na ons, nie met huge geraas nie en tussen die belangrikste mense en plekke nie, Jesus word gebore tussen eenvoudige mense, op die mees basic plek, ‘n STAL!  Dit is ook nie die belangrikste mense wat eerste die boodskap kry nie, maar ‘n klomp nobodies – die skaapwagters en ook ‘n paar somebodies – wyse manne!  Daarmee kom die Kersfeesstorie vir ons vertel hierdie babatjie kom vir die nobies die somebodies – ALMAL!

Kyk: https://www.youtube.com/watch?v=9MKRGfEZyqs 

4) Wat dink jy is die belangrikste ding wat ons mis van die Kersfeesstorie? 

Die belangrikste boodskap van die Kersfeesstorie vir ons hier in 2021 is dat daar ALTYD hoop is!  Jesus, is God se grootste teken van hoop – SY LEWENDE HOOP!  As mense plaas ons ons hoop op STUFF en MENSE – ons hoop is om goed te doen in die eksamen, om ‘n goeie werk te kry, om “in” te wees by die “Whose whos” van die wêreld – dit is die dinge waarop ons hoop!  Die Kersfeesstorie se “unexpected twist” is dat die LEWENDE HOOP nie “iets” is nie, maar IEMAND – ‘n IEMAND wat jou en my KEN en LIEFHET vir WIE ons IS en wat met jou en my wil “CONNECT”!  Ons HOOP lê by hierdie IEMAND wat as ‘n klein babatjie gekom het op die mees “unexpected” manier – VIR ONS ELKEEN!

Lees: 1 Petrus 1:2 – 5 (as jy kan lees die New Living Translation se vertaling).  

 

5) Maak bietjie ‘n lysie van woorde wat jou tref in die gedeelte.   As jy die woorde lees en ook terugdink aan die afgelope kwartaal, die stories wat ons gelees het, en vandag se Kersfees storie wat dink jy wil FAITH vir ons kom leer.

FAITH is ‘n verhouding waarin ek God kom leer ken as die Here wat my gemaak het – superspecial gemaak het!- die Here wat my FEARLESS laat staan omdat Hy die ALMIGHTY GOD is en by my is, die Een wat my KEN (IDENTITY).  Selfs al jaag ek aan kom SOEK Hy my steeds en help Hy my om TRUE te wees aan Hom en Wie Hy my gemaak het om te wees – SY KIND!  Geloof help my besef dit is God wat vir my GEKIES het, en wat ‘n lewe gee vol GREAT EXPECTATION tussen al die challenges van die lewe! Great expectations wat nie gebou is op ander mense en dinge nie, maar op Sy Seun Jesus, wat self die challenges van menswees ken - Jesus, die LEWENDE HOOP! – Geloof is NIE ‘n ticklysie vol dinge nie – DIT IS ‘n CONNECTED VERHOUDING MET GOD wat JOU LEWE VERANDER!

Doen:

Dit is vir baie van ons eksamentyd en wel in die tyd is jy dalk al lekker moeg en uitgeput!  Maak jou oë toe en luister net lekker rustig die woorde van hierdie baie mooi liedjie en kry weer Jesus se KERFEES HOOP!   

 

Luister: https://www.youtube.com/watch?v=9f2FXxDVO6w