MISSIE

KUIER SAAM    

Ons wêreld is deesdae so gejaag met wêreld-goed dat ons nie meer tyd het vir God-goed nie.

 

Mense verhoudings is God-goed. Maak tyd om by jou buurman te gaan koffie drink en vra hom hoe dit gaan.

 

Raak betrokke by 'n  Groei Groep  waar jy jou hartseer en gelukke met vriende kan deel. 

 

Bly vir tee na die erediens en leer ken mede-lidmate beter.

 

As ons meer tyd vir ons mede-gelowiges en vriende maak, sal ons dalk verbaas wees hoeveel beter die week verloop.

Kyk na ons gemeente kalender om seker te wees jy mis niks nie.

 

Om by 'n klein-groepie betrokke te kan raak kliek op die skakel.

 

WERK SAAM 

 

Hierdie is waar ons, ons gawes laat oorgaan tot diensbaarheid.

 

Deur te help by die Vleisfees, kerk se verf, Sondagskool, tee-beurte, kerk-admin, ens is ons God se hande op aarde.

 

Kies een van die Bedienings wat die naaste aan jou hart en passie is en help Buffeljagsgemeente om so 'n verskil in die wêreld te kan maak. Of gebruik die hartjie om nader aan die waarheid te kom. Jy kan ook hierdie vorm invul en kyk wat jou Gawes is.

LEER SAAM 

 

As ons waarlik lief is vir God, behoort ons honger te wees om meer van Hom te leer. Ons behoort konstant te groei in kennis van God. Sal ons ooit volleerd wees? Sal ons ooit al die antwoorde hê? Nie eens naastenby nie. 

So hoe kan jy meer leer van God? Kom luister na die erediens en sluit aan by 'n Groei-groep. Hierdie is nie 'n bybelstudie nie maar eerder 'n saam-kuier geleentheid waar jy saam met ander gelowiges kan soek na die antwoorde op van die lewe se moeilike vrae. Bespreek Sondag se preek of gesels oor dinge wat jy nie verstaan nie. Vind hier meer uit oor Groei-groepe.