Wil jy groei?
God wil hê dat ons moet groei.
Groei-Groepe kom bymekaar by iemand se huis en skep 'n gemaklike omgewing waar daar nie "verkeerde" antwoorde is nie. Ons glo dat 'n gemeenskap/gemeente 'n groep is wat ooreenstem om saam te groei. Daaglikse uitdagings soos tyd, geld, verhoudings, werk, kerk, families en geloof word bespreek. Hier is waar jy die vrae kan vra waaroor jy gewonder het na Sondag se erediens of nog altyd 'n antwoord voor gesoek het. En soms is dit net 'n lekker saam-kuier.
Skakel in by 'n groep en kyk hoe dit vir jou voel. As dit "nie vir jou werk nie", kan jy enige tyd ophou. Maar jy sal waarskynlik nie wil ophou nie :)
As jy wil inskakel kontak vir Sakkie.
.jpg)
"Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. " Kol 3:16
Titel: Bemoediging
Tema: Verhouding
Detail: As jy deelneem aan Survivor, waarvoor sou jy gehoop het as jy die "reward challenge" gewen het?
Titel: Maak jy tyd om op God se skoot te gaan sit?
Tema: Verhouding
Detail: Wat is die geheim as jy wil beter wees in enigiets?
Titel: God is groter as ons keuses
Tema: Vertrou
Detail: Sou jy eerder voorwerpe met jou brein kon beweeg of eerder ander se gedagtes kon lees?
Titel: Psalm 23
Tema: Vertrou
Detail: Doen jy jou bes om 'n goeie skaap te wees, of verbeel jy jou soms jy is die herder?
Titel: Formule vir Geluk
Tema: Lewe
Detail: Voel dit vir jou of Geluk soos die goud aan die einde van die reënboog buite jou bereik bly? Dalk is jou formule verkeerd.....
Titel: Gemeente van God
Tema: Lewe
Detail: Wat dink jy behoort 'n Gemeente van God te doen? En wat doen jy?
Titel: Hoop
Tema: Geloof
Detail: Wat is jou bron van HOOP in vandag se deurmekaar wêreld? Werk Christene se HOOP anders as ander mense sn?
Titel: Gestuur
Tema: Geloof
Detail: Wat is die ding wat jou gemeente die meeste nodig het?
Titel: Ons Koning
Tema: Geloof
Detail: Dink jy ook dit sou lekker gewees het om 'n koning te wees? Hoe leef 'n ware Koning?
Titel: Verhoudings
Tema: Verhouding
Detail: Wat dink jy is verantwoordelik vir 85% van die probleme in die wêreld? (en ook die probleme wat jy elke dag ervaar)
Titel: God is Liefde
Tema: Verhouding
Detail: Is dit soms vir jou moeilik om te glo dat God vir jou lief is wanneer jy swaarkry?
Titel: Twyfel
Tema: Geloof
Detail: Hoekom doen ons soms sonde? En op watter stadium is ons nie meer Christene nie?
Titel: Bergtop Oomblikke
Tema: Dade
Detail: Ken jy daai gevoel van wanneer jy bo-op 'n berg staan? Hoe kry ek dit en wat maak ek daarmee?
Titel: Voorspoed
Tema: Geloof
Detail: Dink jy ook dat "goeie mense" meer voorspoed behoort te hê as ander?
Titel: Jou doel op aarde
Tema: Geloof
Detail: As jy vir God sou vra vir 'n ekstra 15 jaar op aarde - sou God "ja" sê? Kyk hierdie YouTube van Rick Warren oor "God's Five Purposes For Your Life".
Titel: Sondag
Tema: Geloof
Detail: Sondae is vir ons ’n geleentheid om tot stilstand te kom, van wêreldse dinge weg te draai, en op God, Sy Woord en Sy wil te fokus.
Titel: Die "common sense" van n gans.....
Tema: Gawes
Detail: Wat is jou "super power"? Ons elkeen het een. Gebruik jy joune tot voordeel van ALMAL?
Titel: Frientimacy
Tema: Verhouding
Detail: Wat dink jy van die volgende stelling: "Modern day Loneliness is not because we need to interact more, it is because we need more intimacy."
Titel: "Can you RELATE"
Tema: Verhouding
Detail: In 'n tyd waar ons oor baie dinge verskil met mekaar, kan ons nog mekaar se hart hoor?
Titel: Belydenis van Geloof
Tema: Geloof
Detail: Waar het die Apastoliese Belydenis van Geloof ontstaan?
Titel: Gebed
Tema: Geloof
Detail: Wat is die belangrikste ding wat jy moet doen as jy 'n baie besige dag het wat voorlê?
Titel: Gedagtes
Tema: Geloof
Detail: Waarin dink jy terwyl jy in Checkers se ry wag? Of maak jy Facebook op jou foon oop?
Titel: Vriende
Tema: Verhoudings
Detail: Wie is jou braai-vriende? Waaroor gesels die vriende in jou kring?
Titel: CROSS-training
Tema: Geloof
Detail: Voel jy soms jy "kan nie meer nie" en jy "wil nie meer nie"?
Titel: Vreesloos
Tema: Geloof
Detail: Word jou lewe en aksies bepaal deur vrees? Of leef jy 'n vreelose lewe saam met God?
Titel: 'n Vol lewe
Tema: Geloof
Detail: Voel dit vir jou of jy 'n VOL lewe leef? Wat is die geheim hiervoor?
Titel: Dawid en Goliat
Tema: Geloof
Detail: Wie of wat is die Goliat in jou lewe? Vertrou jy op jou spies of swaard? Of vertrou jy op die Here?
Titel: Groen Weivelde
Tema: Geloof
Detail: Soek jy rus, vrede en krag in jou lewe? Wat is die prentjie in jou gedagtes wanneer jy Psalm 23 lees?
Titel: Wipplank
Tema: Verhoudings
Detail: Wipplanke is ‘n mooi metafoor van ons verhoudings en kerkwees. Dis die lekkerste plek om op te speel of die slegste – dit hang net af van hoe ons met mekaar is.
Titel: Koffiewinkel
Tema: Verhoudings
Detail: Die kerk & Groei-groepe behoort ‘n plek te wees waar JY voel jy is DEEL van God se familie. Niemand behoort te voel hulle word agter gelos nie.
Titel: Gasvryheid
Tema: Verhoudings
Detail: Hou jy daarvan as jou familie/skoonfamilie kom kuier vir 'n braai? Moedig jy sulke kuiers aan? Dink jy dis nodig om mense by die kerk te groet?
Titel: Kruietuin
Tema: Verhoudings
Detail: In 'n kruietuin baat 'n plant deur die ander tipes kruie wat rondom hom geplant word. Hoe is die les ook op ons lewe van toepassing?
Titel: Stuurman
Tema: Verhoudings
Detail: Wie is jou Stuurman? Om iemand te kan vertrou, moet jy Hom ken. En om iemand te kan ken moet jy 'n verhouding met hulle hê.
Titel: Menswaardigheid
Reeks: Menswaardigheid
Les 1 van 5 in reeks: Wanneer voel jy, jy het iemand menswaardig behandel?
Titel: Liefde
Reeks: Menswaardigheid
Les 2 van 5 in reeks: Wat moet iemand vir jou doen sodat jy sal voel hulle is waarlik lief vir jou?
Titel: Luister
Reeks: Menswaardigheid
Les 3 van 5 in reeks: Is jy iemand wat aandagtig luister en tyd spandeer met iemand se probleem?
Titel: Omarm
Reeks: Menswaardigheid
Les 4 van 5 in reeks: Is jy iemand wat hou van drukkies kry? Wanneer laas het jy iemand 'n drukkie gegee?
Titel: Respek
Reeks: Menswaardigheid
Les 5 van 5 in reeks: Wat doen jy wanneer iemand ander se opinie van jou verskil oor 'n onderwerp waarvoor jy passievol is?