top of page

Week 3: Luister (les 3 van 5)

(as jy week 1 gemis het - doen dit eers)

(as jy week 2 gemis het - doen dit eers)

 

Ysbreker: Jy bestel ‘n hamburger en net voor jy klaar maak kry jy ‘n halwe wurm in die broodjie, wat sal jy doen? As jy kon kies tussen ‘n komplimentêre 2de burger of om die eerste een gratis te kry, wat sou jy kies?


Open met Gebed


Vraag: Kyk na die persoon links van jou en probeer onthou wat sy/haar liefdestaal is > as daar getroudes is laat hulle mekaar se liefdestale noem.


Vraag: Is jy iemand wat aandagtig luister en tyd spandeer met iemand se probleem of is jy iemand wat die situasie vinnig opsom en dadelik reageer met ‘n antwoord?


Lees: Markus 9:14-29 > Jesus maak ‘n doofstom seun gesond.

Vraag: Wat leer ons hier van Jesus?
Noem: Al is Jesus hoe besig en weet Hy waarskynlik reeds wat die probleem en oplossing is, maak Hy tyd om eers uit te vra oor hoe lank die seun al so is. Hy maak tyd en moeite om te vra en te luister.

 

Vraag: Hoe luister Jesus na ander mense deur my?
Noem: Mense is nie probleme om op te los nie. Hulle is mense met ‘n hart en emosies. Neem dit volgende keer in ag as jy in gesprek is met iemand en doen moeite om te luister na hoe die persoon voel. Al stem jy nie saam nie, verwag Jesus van jou om rustig te luister.
Noem: Deur na iemand te luister laat jy hom/haar toe om ‘n mens te wees. Jy gun daardie persoon om sy menswaardigheid in daardie situasie te behou.

 

Vraag: Wat moet jy doen as ‘n boemelaar wat sleg ruik en ‘n drank asem jou vra vir geld om ‘n broodjie te kan koop?
Noem: Jy hoef hom nie geld te gee nie. Maar maak die tyd om die persoon sy menswaardigheid te laat behou. Voor jy die tyd spandeer om die Suid-Afrikaanse ekonomie vir hom te verduidelik, maak die tyd om vir God te vra hoe Hy wil hê jy moet nou optree.


Vraag: Het iemand jou al verbaas oor hoe hulle tyd gemaak het om na jou te luister? Hoe het dit jou laat voel?


Vraag: Vir wie sou jy graag meer tyd wou gemaak het om na te kan luister?


Vraag: Voel jy dat dit wat hierbo staan mooi en oulik is, maar ons leef in ‘n rowwe wêreld waar hierdie net te stadig, oneffektief en onprakties is?
Noem: In God se Koninkryk kom die mens voor effektiwiteit, wins en die ekonomie.

 

Lees: Jakobus 1:19-20 > Luister voor jy kwaai reageer.

 

Hierdie was les 3 in 'n reeks van 5 lesse:

Les 1: Menswaardigheid

Les 2: Liefde

Les 3: Luister (hierdie les)

Les 4: Omarm

Les 5: Respek


Sluit af met Gebed
 

MenswaardigheidPosters_Luister2.jpg
MenswaardigheidPosters_Luister1.jpg
bottom of page