top of page

Week 4: Omarm (les 4 van 5)

(as jy week 1 gemis het - doen dit eers)

(as jy week 2 gemis het - doen dit eers)

(as jy week 3 gemis het - doen dit eers)

 

Ysbreker: As ‘n ou skoolvriend vir jou kom kuier, wat is die eerste ding wat jy hom/haar sou wys in Swellendam of die area?


Open met Gebed


Vraag: Hou jy daarvan as iemand jou drukkies gee? Hoekom?


Vraag: Wat dink jy beteken dit om iemand te omarm?


Lees: Matteus 8:1-4 > Die reiniging van ‘n man met melaatsheid.
   
Vraag: Wat leer ons by Jesus oor omarming?

Noem: Jesus steek sy hand uit en raak die melaatse aan om hom in te sluit in sy gemeenskap. Hy maak die melaatse rein en laat hom die vereiste offer bring om hom weer deel van die geloofsgemeenskap te maak.
Noem: Melaatses was in Jesus se tyd uit gemeenskappe gestoot. NIEMAND het naby hulle gekom.
Noem: Jesus gee nie net om nie, maar raak fisies aan die’ wat swaarkry. Sy fisiese omarming bevestig aan die persoon dat Jesus omgee. Jesus sien die siek en arm as deel van sy gemeenskap.
Noem: Jesus omarm nie eers wanneer iemand rein is nie, sy omarming begin die reis na reiniging.


Vraag: Moeder Theresa het fisies die arm en siek versorg en omarm, maar was baie keer aangeraai om eerder as publieke spreker op te tree sodat sy fondse kan genereer. Die kenners se teorie was dat duisende mense dan kon kos, medisyne ens kry, wat volgens hulle beter was as een ou tannie se drukkies. Hoekom dink julle het sy dit nooit so gedoen nie?
Noem: Moeder Theresa het gesê dat as daar gekyk word na aids, kanker, hartaanvalle ens dan bly die grootste siekte in die wêreld die gevoel van alleenheid. Sy het gevoel dat dit vir haar belangriker is om fisies mense te omarm as om vir hulle kos en medisyne te gee. 
 

Vraag: Hoe wil Jesus hê moet ons mense wat swaarkry omarm?
Noem: Ons het geld nodig om te help, maar die belangrikste is dat ons hulle harte moet versorg. Dit laat hulle besef jy sien hulle as deel van jou gemeenskap. 

 

Vraag: Hoe wil Jesus hê moet ons mense binne ons gemeente omarm?
Noem: As ons waarlik ‘n gemeenskap van God is, moet ons vir mekaar omgee. Wie in jou gemeenskap is alleen, siek, in nood by die werk, het probleme in sy huwelik ens. 


1) Wees bewus van die mense in jou gemeenskap se behoeftes, tekorte en onsekerheid.
2) Wees bereid om hulle te omarm. Dit gaan jou dalk tyd kos. Dit gaan jou dalk ‘n drukkie kos. 
3) Wees bereid om te doen wat nodig is om iemand deel van jou geloofsgemeenskap te maak.
4) Maak tyd om ipv ‘n epos eerder ‘n koffie met iemand te drink.


Om iemand ‘n drukkie te gee is dalk die prys om hom sy menswaardigheid terug te gee. En God vereis dit van jou en my.


Doen: Wie ken jy wat al die tyd gemaak het om jou te omarm?


Doen: Vir wie sou jy meer tyd wou maak om te omarm?

Hierdie was les 4 in 'n reeks van 5 lesse:

Les 1: Menswaardigheid

Les 2: Liefde

Les 3: Luister

Les 4: Omarm (hierdie les)

Les 5: Respek

Sluit af met Gebed
 

MenswaardigheidPosters_Omarm2.jpg
MenswaardigheidPosters_Omarm1.jpg
bottom of page