top of page

Week 5: Respek (les 5 van 5)

(as jy week 1 gemis het - doen dit eers)

(as jy week 2 gemis het - doen dit eers)

(as jy week 3 gemis het - doen dit eers)

(as jy week 4 gemis het - doen dit eers)

 

Ysbreker: As jy tot die dood veroordeel word – wat sal jou laaste ete wees?

Open met Gebed

Vraag: Hoe reageer jy as jy dink iemand respekteer jou nie?

 

Vraag: Is daar kere wat jy dink dis oraait om iemand nie met respek te behandel nie?

 

Vraag: Moet jy met iemand saamstem om hom met respek te kan behandel?

Kyk video: The Illusion of Rudeness - The Myth of Respect

Vraag: Wie moet ons respekteer/eer?

 

Lees: Matteus 5:43-48 - Liefde vir die vyand

Lees: 1Petrus2:17  - Eer alle soorte mense, wees lief vir die hele gemeenskap van broers,

vrees God, eer die koning.

Lees: Rom 12:10  - Betoon harltike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.

Lees: Titus 3:1-5  - vers2:  om van niemand kwaad te spreek nie, om nie strydlustig te wees nie, om redelik te wees en alle sagmoedigheid teenoor alle mense aan die dag te lê.

Lees: Matteus 5:38-42 - respek vir kwaadwillige mense.

Lees: Levitikus 19:32 - respek vir oumense.

Lees: Rom 13:1-7 - respek vir owerhed.

 

Noem: Ons moet alle mense en alle gesag met respek behandel. Ons gedrag teenoor iemand anders behoort nie bepaal te word deur die ander persoon se gedrag nie, maar deur God. Om iemand met respek te behandel is 'n keuse. 'n Boom word geken aan sy vrugte.

Noem: Deur mense met respek te behandel getuig ons aan die wêreld iets van ons geloof.

Vraag: Hoe kan ek beter respek betoon?

1) Dink aan hoe God mense beskou

2) Erken hoofskap, ouderdom en gesag.

3) Gun mense hul mening

4) Verstaan jou gehoor

 

Vraag: Watter een van bogenoemde is vir jou die moeilikste?

Noem: Besef dat hierdie nie iets is wat jy vinnig gaan aanleer of afleer nie. Jy moet daagliks hiervoor bid en bereid wees om baie hard te probeer.

Vraag: Mag jou opinie verskil van die persoon vir wie jy respek moet hê? Wat as iemand iets doen wat direk teen my geloof gaan?

Noem: Jy mag verskil van iemand. Maar op die regte manier. Die manier waarop jy verskil van iemand moet wees soos Christus van jou verwag. Die resultaat moet wees tot die uitbou van God se koninkryk.

 

Vraag: Waarvoor moet jy versigtig wees?

1) Waak teen jou eie ego. Hoe jy respek betoon moet tot die uitbou van God se koninkryk lei.

2) Maak seker jy beroof nie iemand van sy menswaardigheid deur dit wat jy sê of doen nie.

3) Moet jou nie meet aan die wêreld se standaarde van respek nie, maar meet jou aan Christus s’n.

4) ‘n Groot deel van Respek betoon is eenvoudig om te luister. Wees hoflik, nie ongeskik.

5) Moenie altyd beter weet of fout vind nie, gun ander hul opinie en respekteer dit - Spreuke 22:11

6) Selfs Jesus – die Koning van die Heelal – het alle mense met respek behandel. Selfs die een wat sou saamsweer tot Sy dood. Hy het aan ‘n kruis gesterf tot eer van God. Hy het gesterf vir jou en vir my. Om die knie te buig tot EER van GOD behoort nie so moeilik te wees nie. Dit gaan nie oor wat die ander persoon aan jou gedoen het nie, maar oor wat God reeds vir jou gedoen het.

Vraag: Vir wie sal jy graag meer respek wil betoon?

Hierdie was les 5 in 'n reeks van 5 lesse:

Les 1: Menswaardigheid

Les 2: Liefde

Les 3: Luister

Les 4: Omarm

Les 5: Respek (hierdie les)

Sluit af met Gebed

MenswaardigheidPosters_Respekteer1.jpg
MenswaardigheidPosters_Respekteer2.jpg
bottom of page