top of page
Anchor 1

Ysbreker: Wat dink jy verskyn wanneer iemand jou naam "Google"?

Open met Gebed

Kyk nou eers die video van ds.Nico

Vraag: By 'n graf is daar 'n begin-datum en 'n end-datum. Wat wil jy hê moet die strepie tussen daardie twee datums vir die wêreld van jou lewe sê?

Vraag: Bekommer ons nie onsself te maklik te veel oor wat ons strepie vir Facebook, Instagram of net "die mense daar buite" sê nie?

 

Vraag: Moet ons nie dalk meer omgee oor wat daardie strepie sê vir die mense naaste aan ons nie? Wat sê daai strepie tans vir jou vriende?

Vraag: Wat sê daai strepie tans vir jou ouers?

Vraag: As jy sulke goed het - wat sê daai strepie vir jou man/vrou en kinders?

Vraag: Wat sê daai strepie tans vir jou buurman?

Vraag: Ons geniet dit om te sê ons behoort aan 'n gemeente - 'n geestelike familie - dat dit oor meer gaan as net bakstene en sement - wat sê jou strepie vir hierdie geestelike familie?

Vraag: In hoe 'n groot mate is vrees besig om te bepaal hoe jy jou strepie leef?

 

Lees: Romeine 8:38

Lees: Psalm 118:6

Vraag: Wat sê jou strepie vir jou Hemels Vader?

Noem: Al bang gewees jy is nie goed genoeg nie? Al ooit bang gewees jy gaan nie liefde vind nie? Al ooit bang gewees jy gaan nie werk kry nie? Die duiwel misbruik ons vrees om ons gedagtes gevange te neem. Verlos jouself deur jou vrese vir God te gee.

Noem: Dit beteken nie dat ons onverantwoordelik mag optree nie. Vertrou op God, maar dra nog steeds jou veiligheidsgordel. God vrywaar ons van vrees, nie van ons verantwoordelikhede nie.

Noem: So moenie bang wees nie. Laat jou lewenskeuses bepaal word deur God en nie deur jou aardse vrese nie. God is by jou en God is in beheer.

Sluit af met Gebed

bottom of page