top of page

Ysbreker: Wanneer laas het jy lekker gebraai saam met jou vriende?

Open met Gebed

Vraag: Mis jy tans jou vriende?

Vraag: Wat maak dit vir jou so lekker om saam met vriende te kuier?

Vraag: Wat is 'n eienskap wat jy soek in 'n vriend?

Vraag: In hierdie tye van "social distancing", hoe bly jy in kontak met jou vriende?

Vraag: Kry jy nog tyd om te bid vir jou vriende?

Noem: Of stuur jy net "voice-notes" en "like" hul "facebook posts"?

Noem: "Modern day loneliness is not because we do not have enough interacton, it is because of a lack of intimacy".

Vraag: Sou jy sê ons het vriende nodig om te kan oorleef?

Noem: Ons sal kan oorleef sonder vriende. Om te kan oorleef het ons water, kos en suurstof nodig. Maar om te kan LEEF het ons vriende nodig. Die wetenskap sê so: kyk gerus hierdie studie oor wat die mens nodig het vir 'n "good life".

Noem: Jesus maak oor dwarsdeur Sy lewe op aarde dit baie duidelik dat ons lewe nie net gaan oor liefde vir God nie, maar ook ons liefde vir ons vriende en ons naaste. Die wetenskap het net kom bevestig wat die Bybel al lankal sê.

Lees: Johannes 13:34-35

Lees: Spreuke 14:20

Lees: Spreuke 27:17

Lees: Prediker 4:7-12

In Prediker, waar die skrywer baie keer negatief klink en sê "alles kom tot niks" het selfs hy mooi dinge te sê oor vriendskap.

Vraag: Dink gou aan 'n goeie vriend. Sou jy sê hierdie vriend het 'n positiewe invloed op jou lewe?

Vraag: Wat is die invloed wat jy op sy/haar lewe het?

Vraag: Of braai julle net saam en gesels oor die Springbokke?

Vraag: Wat is "The Eagle & Child" in Oxford, Engeland?

Noem: Dit is die kroeg waar die "inklings" ('n skrywers-klub) gereeld bymekaar gekom het om te gesels oor idees en die lewe. En seker om saam 'n bier te drink. CS Lewis (onder andere die skrywer van The Chronicals of Narnia en The Four Loves) en JRR Tolkien (Lord of the rings se skrywer) het hier vriende geraak. Op daardie stadium was CS Lewis nog 'n ateïs. Deels deur sy vriendskap met Tolkien het CS Lewis op die ryp ouderdom van 32 jaar oud 'n Christen geword. 

Vraag: By watter vuur kuier jy tans?  
Vraag: En wie staan saam met jou rondom daardie vuur?

 

 

Eienskappe van 'n goeie vriendskap:

1) Lewe saam. Ons moet ons lewens met mekaar kan deel. Ons hoop, hartseer, drome, vrese en gebede. Instagram en Facebook likes is nie genoeg nie. 'n Lewe met 'n doel word nie net met God gedeel nie, maar ook jou mede-mens. Raak betrokke by die nood wat jy daar buite sien. Ons weet jy is bitter besig, maar maak tyd vir daai braai en luister na mekaar se stories.

2) Ondersteuning en Opregtheid. Maak genoeg kontak met jou vriende, familie, man/vrou, kinders om te weet wanneer en hoe om hulle te ondersteun. En moenie vals wees nie - wees opreg. Gaan ons dit soms verkeer doen? JA! Moet dit maak dat ons ophou? NEE! Dis hoe ons leer. Dis God se opdrag. 'n Goeie vriend moet soms opreg (nie ongeskuk) wees en vir jou sê as hy dink jy maak 'n fout. 'n Goeie vriend is nie die een wat vir jou "cover" as jy te veel gedrink het nie, dis die een wat jou sal vertel (opgreg) dat dit verkeerd is en jou sal help (ondersteun) om dit nie weer te doen nie.

 

3) Vertroue. Vertrou mekaar met jou probleme, vrae, drome en ideale. En maak seker jy resepekteer daardie vertroue as iemand iets met jou deel. Verhoudings waar mense weet hulle kan iemand vertrou is wat sorg vir die "Good Life" volgens die studie. En volgens God. 

4) Effek. 'n Betekenisvolle verhouding is een waar ons 'n positiewe effek op mekaar het. Het jy en jou vriende 'n positiewe invloed op mekaar, of braai julle net saam?

5) Vergewe. 'n Goeie vriend vergewe maklik en is nie liggeraak nie.

 

6) Wees Positief. Niemand kan dit uithou met 'n suurknol as 'n vriend nie. Jy mag soms kla - maar slegs na jy 4 positiewe aksies of opmerkings gemaak het. As ons vertou en glo in God het ons sekerlik oorgenoeg rede om meer positief as negatief te wees.

7) God is welkom in 'n vriendskap. Predeker 4:12 > Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied.'n Driedubbele tou breek nie maklik nie. Tou 1 = Jy. Tou 2 = Jou vriend. Tou 3 = God. As jy 'n vriendskap het waar daar nie plek is vir God nie, dan gaan daardie tou nie hou nie.

Sluit af met Gebed

bottom of page