top of page

Ysbreker: As jy 'n super-power kon kies, wat sou dit wees?


Open met Gebed


Vraag: Waaraan dink jy die meeste deur die dag? Wanneer jy gaan sit om ‘n koffie te drink of in die ry staan by Checkers, waaraan dink jy dan?
Noem: Of maak jy sulke tye Facebook op jou foon oop 😊

Vraag: Sou jy sê jy en 'n nie-Christen dink oor verskillende dinge deur die dag?
Noem: Ja, Christene en nie-Christene dink oor werk, familie, vriende en die Springbokke. Maar as Christene leef ons met die Heilige Gees en behoort ons denke anders te wees.

Vraag: Dink jy God soek eerste ons hande (diens) of eerste ons kop (denke)?
Noem: As Hy ons denke het, het Hy ons hande. Nie andersom nie.

Lees: Romeine 12:1-6

Lees: Spreuke 4:23

Vraag: Wanneer iemand jou sleg behandel of teleurstel, hoe beinvloed dit jou denke?

 
Vraag: Besef jy dat hoe jy oor so persoon dink, ook jou aksies beinvloed?
Noem: As ander mense so sterk invloed op jou denke en aksies kan hê, behoort God nie ook so invloed te kan hê nie?

Vraag: Sien jy jou lewe as 'n offer aan God? Dink jy God is tevrede met hierdie offer?

Vraag: Dink jy dis moontlik om met bloot ‘n sterk wil en toeweiding “reg” te kan leef?
Noem: Nee jy kan nie. Ons is tot alles in staat deur Hom wat ons die krag gee en ons denke vernuwe. Vra daagliks vir God om jou denke te vernuwe. Ons is sondig gebore en gaan nie net oornag “reg” kan leef nie. Om “reg” te kan leef, moet ons God liefhê en toelaat om ons denke te vernuwe. As ons werklik lief is vir God en Hom toelaat om ons denke te vernuwe, sal ons aksies ook verander.

 

Vraag: Sus jy soms jou gewete deur dat jy ten minste beter leef as jou buurman?
Noem: Ons is nie op aarde gesit om "beter as my buurman" of "reg" te leef nie. God soek ons hart, siel en verstand. Glo en dien die enigste en lewende God.

 

Vraag: Hoe vind ek uit wat God van my verwag?
Noem: Begin deur meer as net 'n Sondag erediens saam met God te leef.

 

Vraag: Weet jy wat jou gawe van God is? Gebruik jy hierdie gawe soos God dit sou wou hê?

 

Lees: Jakobus 2:26

Vraag: Hoe gebruik jy jou Gawe tans in jou gemeente?


Vraag: Wanneer laas het jy jou hulp kom aanbied aan die dominee of kerkraad? Of wag jy vir 'n uitnodiging?

Vraag: As jy nog nie jou gawe aanwend by die kerk nie, hoekom nie?
 

Noem: Bid dat God jou denke sal vernuwe en daardeur jou gedrag bepaal. Laat God en nie die wêreld bepaal hoe jy leef. Begin vandag leef waarvoor God jou ontwerp het.

Sluit af met Gebed
 

bottom of page