top of page

Ysbreker: Wanneer jy mense oornooi vir 'n braai - hoe laat eet julle gewoonlik?

 

Open met gebed

Vraag: Vir hoeveel mense se produksie/welstand is jy verantwoordelik by jou werk of familie?

Noem: Dit kan die werkers op jou plaas wees, kinders (en man) in jou gesin, Verantwoordelikheid op kerkraad, Skool se Beheerligaam, Landbouvereniging, Oudit-span wat onder jou werk ens.

Vraag: Hou die "bestuur" van ander mense se dinge jou soms so besig dat jy nie by jou eie "dinge" uitkom nie? 

Vraag: Hoe besig dink jy was Daniël? Die een wat in 'n leeukuil gegooi is?

Lees: Daniël 6:1-4

Vraag: Dink gou vinnig hoe jou dag sou gelyk het as jy verantwoordelik was vir 40 bestuurders se produksie! Dit klink soos 'n werk waar jy nie gaan tyd hê vir fietsry en Netflix nie. So hoe baie tyd dink jy was daar oor op 'n dag vir Daniël om te bid?

Lees: Daniël 6:11

 

Vraag: Uit Daniël se storie sien ons dat hy 3 keer op ‘n dag gaan bid het. Hoekom was dit vir Daniël so belangrik om gereeld te bid?

Noem: Daniël besef dat dit sy verhouding met God is wat hom in staat stel om al hierdie dinge reg te kry. Om 'n verhouding met enigiemand te kan hê, moet ons tyd saam met daardie persoon spandeer. Gebed is een van die maniere hoe ons tyd saam met God kan (moet) spandeer.

Vraag: Is dit vir jou moeilik of maklik om te bid?

Kyk video: Hierdie video help om oor gebed te dink – kies skakel 
 

Vraag: Hoekom is gebed soms vir ‘n mens moeilik?  

Noem: Ons weet nie altyd wat om te bid nie of ons voel ons is dalk nie “heilig” genoeg nie. Soms is ons kwaad vir die Here en wil nie met Hom praat nie. 


Lees: Gebed is nie veronderstel om moeilik te wees nie.  In die diepste wese is gebed ‘n gesprek met ons en God – intiem en opreg!  Lees bietjie die Message vertaling van Mattheus 6:5 – 13.  


Vraag: Hoe het gereelde gebed vir Daniël gehelp?

Noem: Gereelde gebed het Daniël gehelp om uit te staan bo die res van die mense om hom. God het hom gehelp om wyse besluite te maak in sy lewe en ook wyse raad te gee aan die koning. Gebed het hom ook gehelp om te bly vertrou en te help onthou Wie God is in Sy lewe. Toe die mense jaloers begin raak op hom het gebed hom ook gehelp om om vas te hou aan die waarheid en die Here se wil. Gereelde gebed is iets baie belangriks – selfs Jesus het gereeld Homself afgesonder en gaan bid!


Vraag: Is daar ander voorbeelde in die Bybel of in jou lewe waaraan jy kan dink waar mense gebid het en hoe gebed hulle gehelp het?

Noem: Daar is baie voorbeelde – omtrent AL die Psalms, Jesus het gereeld gebid, maar Sy gebed in Getsemane en die vrede wat Hy gekry het daar bly vir my awesome, Paulus bid baie keer in sy briewe, Petrus bid, Dawid bid, Moses het met God gepraat soos iemand met sy vriend (Eksodus 33:11)...!
 

Doen:

Deel Psalm 25 in 3 stukkies op en lees (bid) dit die week elke dag 3 keer:

1ste Keer: Psalm 25:1 – 7

2de Keer: Psalm 25: 8 – 14

3de Keer: Psalm 25:15 – 22

 

Opsioneel: Begin ‘n gebedsjoernaal - In jou stiltetyd skryf jou Gebedswaardes in ‘n boek neer en skryf dit waarvoor jy vra en dankie sê elke dag neer.

bottom of page