top of page

Koffiewinkel

Verhoudings

Ysbreker:
1) Watter koffiewinkel is jou gunsteling? Hoekom?


Praat Saam:
1) Wanneer voel jy, jy kan "connect" met mense? Wat moet hulle doen sodat jy gemaklik kan voel en jouself kan wees?

    
2) Is daar plekke waar jy regtig met God kan “connect”? Waar?

  
3) Watter plekke of omstandighede maak dit vir jou moeilik om te kan "connect" met mense?  

    

4) Jesus was baie lief om met mense te “connect”?  Kan julle aan ‘n paar plekke en ontmoetings dink?  (‘n Paar vbe…Sinagoges, die tempel (Die kerke van daardie tyd!), etenstafels, op die pad, buite in die natuur, binne huise).

Noem: Wanneer Jesus mense ontmoet het en met hulle “connect” het was dit soms gewone, alledaagse plekke wat in die ontmoetings “heilige” plekke en ruimtes word.  By sulke ontmoetings breek mense se maskers en mure en wys hulle elke keer wie hulle REGTIG is. 


5) Dink jy, jy skep vir jou man/vrou, kinders en vriende sulke oomblikke/ontmoetings waar hulle hul maskers kan laat sak en wys wie hulle REGTIG is?

  
6) Skep jy vir jouself en God genoeg geleentheid om te ontmoet. Ontmoetings waar jy jou eie masker kan laat sak en eerlik wees met God oor wie jy is, hoe jy voel, waarvoor jy hoop. Oomblikke waar jy eerlik kan wees met jouself oor wie jy is en wat jy doen?

 ​​

Lees saam: 

Johannes 4:1 – 30

Johannes 4:39 - 42

1) Wat hoor jy oor hierdie ontmoeting?

   

Noem: Die put in Johannes 4 raak by die ontmoeting tussen Jesus en die vrou ook ‘n HEILIGE PLEK! Die vrou ontmoet die BRON VAN LEWENDE WATER en sy is EERLIK oor WIE SY IS.  Die dissipels ONTMOET haar ook daar – sonder oordeel of vingerwys.  (ONTHOU SY IS ‘N SAMARITAAN EN NOG BOONOP ‘N VROU!) Sy bring ander ook na die PUT om JESUS te ontmoet!

 

2) Waar sou die ontmoeting VANDAG wees?

 

3) Wat wil dit vir ons sê oor ONTMOETINGS met mekaar? En ‘n ontmoeting met God?  

 

Doen: 

Nooi die week 'n vriend vir 'n koffie. En doen die moeite om te connect.

 

Starbucks, die Amerikaanse coffee shops se motto is: “ It’s not about coffee, its about connection!”  

 

Onthou:

Die kerk & Groei-groepe behoort ‘n plek te wees waar JY voel jy is DEEL van God se familie. Niemand behoort te voel hulle word agter gelos nie.  Onthou dit en help dat ander ook deel voel van God se familie.

Bid saam: 

Dankgebed: Jesus, dankie dat U met my ontmoetings soek.

Oorgeegebed: Help my asb om sonder mag en veroordeling en maskers U te soek, te ontmoet en ook uit te deel.

bottom of page