top of page

SONDAG

Ysbreker: Wie is jou gunsteling persoon in ons gemeente?

 

Open met Gebed

 

Vraag: As iemand vir jou 'n appel of 'n sjokolade aanbied om te eet - watter een sou jy kies? Noem: Dis 'n moeilike vraag….. die sjokolade is lekkerder… maar die appel is gesonder……

 

Vraag: Wat maak dit soms vir jou moeilik om te kies om op 'n Sondag kerk toe te gaan?

Noem: Die dominee preek vrot. Daai is 'n klomp skeinheilige mense. Ek was lanklaas by die dam…. En ek werk so hard deur die week…. As ek eers 10uur see toe ry kom ek eers 12uur daar…… na gisteraand se baie dans sal ek nie kan wakker bly in die kerk nie…. Ek kyk eerder die Youtube diens…. Dis beter vir my om in die berg of viswaters te bid. Ek het so min "me-time"….

 

Vraag: Wat soek jy Sondae by die kerk? Hoekom gaan jy?

Vraag: Hoeveel Sondae in 'n jaar dink jy moet 'n mens kerk toe gaan?

Vraag: Hoeveel Sondae is daar in 2022 kategese-klasse? Antwoord: 21

 

Lees: Lukas 4:14-16

Vraag: Hoekom het Jesus elke Sondag na die erediens gegaan? Want dit is soos Sy gewoonte was.

Noem: Selfs al het Jesus die Skrif beter as enigiemand geken, selfs al het Jesus nie altyd met die dominee saamgestem nie en min "me-time" gehad en daarvan gehou het om koppies uit te klim en daar te bid - het Jesus nie weggebly van die samekoms van gelowiges nie.

 

Vraag: Hoekom moet ons Sondae kerk toe gaan?

1) Die wet van God vereis dit

Lees: Eksodus 31:13-14

Lees: Hebreërs 10:25

2) Die Woord van God voed ons as gemeente

Lees: Matteus 4:4

Noem: Dis in hierdie "samekoms van die gemeente" waar ons gelowiges die Woord van God en God se roeping vir ons gemeente en gemeenskap kan ontvang. Dis waar ons as gemeente kans kry om God te loof, mekaar te bemoedig, verhoudings te bou, en om vir mekaar om te gee.

 

Vraag: Dink julle " samekomste van die gemeente" is dieselfde as "Youtube preek" of bid alleen in die berg? Dink julle om dam/see toe te gaan na 'n harde week se werk is wat God bedoel het met "'n gewyde dag" of "rusdag" of 'n "heilige teken tussen My en julle"?

Noem: Ons het heel week en res van die naweek of Sondag om berg te klim, dam/see toe te gaan en Milkshakes te gaan drink by Diesel&Creme. Maar ons lewens is so besig dat "ons nie tyd het" om op 'n Sondag vir 2ure tydens 'n samekoms van die gemeente saam tyd aan God te wy as deel van 'n heilige teken van 'n band tussen ons en God.

Noem: Ons maak dat ons "issues" met ander mense en dinge ons weghou van eredienste.

 

NOEM: Al is "samekomste van die gemeente" nie perfek nie, verwag God van ons om op te daag en deel te neem en by te dra - net soos Jesus het. Die "samekoms van die gemeente" is deel van 'n gesonde dieet. Daai sjokolade lyk en proe dalk lekker, maar hoe lyk iemand wat net sjokolade eet?

NOEM: Die fokus moet op hierdie dag nie wees op die wet of op rus nie - dit gaan oor God. Die Dag van die Here is vir ons ’n geleentheid om tot stilstand te kom, van wêreldse dinge weg te draai, en ons geestelike perspektief te herwin deur op God, Sy Woord en Sy wil te fokus.

 

Sluit af met gebed

bottom of page