top of page

Twyfel

Geloof

Ysbreker: As jy 'n sekere ouderdom vir die res van jou lewe kon wees, watter ouderdom sal jy kies en hoekom?

Open met Gebed

Vraag: Hoe word 'n mens 'n Christen? 
Lees: Rom 10:9-13

Noem: Om 'n Christen te wees moet ons met ons hele hart glo en met ons mond aan die wêreld bely dat ons aan Christus behoort. Ons hart, siel, verstand en tyd moet aan Christus behoort.

Vraag: Voel jy soms dat jy die Here teleurstel? Wanneer voel jy so? 
Noem: Wanneer ek sondig. Wanneer ek te lelik praat. Wanneer ek lanklaas by die kerk was….

Vraag: Beteken die sonde dat ons nie meer 'n Christen is nie?
Noem: Natuurlik nie. Ek kan juis nie deur my dade gered word nie. 

Vraag: Hoekom doen ons dan sonde? Is dit die duiwel wat ons dit laat doen?
Noem: Nee, dis nie die duiwel wat ons dit laat doen nie. Die sonde is ons eie. 

Noem: Sonde is nie 'n aksie nie, dis 'n toestand waarvan ons aksies die uitkoms is.
Noem: Dis oomblikke wanneer ons nie ons aksies laat bepaal deur die Heilige Gees nie.
Noem: Die duiwel is uitgeslape en beinvloed ons gedagtes. En as ons gedagtes op die verkeerde plekke en dinge is, dan gebeur die sonde sommer automaties.

Waarin laat die duiwel ons twyfel:
1)    Die goedheid van die Here
2)    In die egtheid van ons eie geloof 
3)    Of ek "goed genoeg" is vir Christus
4)    Of dit vir my die moeite werd is om 'n Christen te wees

 

Vraag: Waarom laat die duiwel ons twyfel?
Noem: As die duiwel my gedagtes het, dan het ek nie tyd om aan God te dink nie. Die duiwel weet dat as hy my skuldig genoeg laat voel, dat ek sal voel ek is nie werd om God se kind te wees nie. Daardie twyfel laat my hoop verloor. Dat dit "te laat" is vir my om weer kerk toe te gaan.
Onthou: Die duiwel wil nie hê dat ons sonde moet doen nie, hy wil hê dat ons moet ophou glo.

Vraag: As jou kinders iets verkeerd doen, gooi jy hulle uit die huis en sê hulle mag nooit weer terugkom nie? (As jy nog nie kinders het nie, probeer dink hoe jy sou maak.)
Noem: Natuurlik gooi jy nie jou kinders uit die huis nie. Onthou: Christus is ons Vader. Ons stel hom soms teleur, maar hy sal ons nooit afskryf nie. Ons kan altyd terugkom na Christus se liefdevolle arms. God gee meer om vir ons, as wat ons ooit vir ons eie kinders kan omgee. 

Vraag: Nou wat dan van ons sonde?
Noem: God vra nie dat ons perfek moet wees nie, maar God wil hê dat ons moet aanhou probeer om te leef soos God se Woord ons leer. Die dag wat ons ophou probeer, is ons verlore. 


Ons moet nooit in God se liefde vir ons twyfel nie.

Lees: Romeine 8:6-8 en Rom 8:14 en Romeine 12:1-2

Sluit af met gebed
 

bottom of page