top of page

God is Liefde

Verhouding

Ysbreker: As daar eetgoed is na die erediens - wat hoop jy is daar of waarvoor mik jy eerste? 

Open met Gebed

Vraag: Vir wie sal jy altyd lief wees, maak nie saak wat gebeur of wat hulle doen nie?
Noem: Jou kinders. Jou hond. Jou goudvis. Jou man of vrou?

 

Vraag: Hoe kan hierdie persoon weet jy is lief vir hulle?
Noem: Jy sê dit vir hulle. Jy gee hulle 'n drukkie. Jy spandeer tyd saam met hulle. Jy sorg vir hulle.

 

Vraag: Op wie se liefde kan jy altyd vertrou? Noem: Jou hond 😉Jou ma.

 

Vraag: Hoe weet ons dat God vir ons lief is?
Noem: Hy het Sy Seun aan die kruis laat sterf vir ons sondes.

 

Lees: 1 Johannes 4:7-10

 

Vraag: Wat maak dat ons soms twyfel in God se liefde vir ons?
Noem: Die feit dat ons nie hardop kan hoor hoe God dit vir ons sê nie. Ons kan ook nie 'n drukkie kry by God nie. Ons kan God nie sien nie. 
Noem: Wanneer slegte dinge met ons gebeur is dit moeilik om aan God se liefde vas te hou.
Noem: Wanhoop. Beheerloosheid. Onsekerheid. Finansiële teëspoed. Siekte en dood.

 

Maar tog lees ons: 1 Johannes 4:18 en Psalm136:26 en Deut 7:9

 

Vraag: So hoekom vrees ons dat God ons nie lief het nie? Dat God vir ons lief is selfs wanneer ons swaar kry? Dat God vir ons omgee selfs wanneer ons sonde doen?
Noem: Dalk omdat ons eie liefde nie so werk nie. Dalk omdat dit vir die mens soms moeilik is om God se perfekte liefde te verstaan. God is nie vir ons lief omdat ons perfek optree nie, maar omdat Liefde deel is van God se karakter - God is liefde. Dis doodeenvoudig wie God is. En God is perfek.

 

KOM ONS PROBEER DIT MET 'N VOORBEELD VERDUIDELIK:
Vraag: As jy vir jou vrou blomme koop - beteken dit seker jy is lief vir haar? Reg?
Noem: Hang af - verwag jy iets terug? Is die blomme 'n onvoorwaardelike geskenk uit liefde, of verwag jy dat sy moet dankie sê en jou 'n drukkie gee? Wat as sy sê dis "stupid" blomme? Sal jy dan weer vir haar blomme gee? Is jou liefde "transactional" of sonder "voorwaardes"? Die mens se liefde is vêr van perfek en bitter min kere nie "transactional" nie. Bv: "Ek sal by die kerk help...... as "dit" en "dat" gebeur." God se liefde is perfek - en dit maak dit vir ons moeilik (dalk onmoontlik) om te kan verstaan.

 

KYK: www.youtube.com/watch?v=UfbyFLgs_NM&t=106s
(of Google: Loyal Love Bible Project)

Noem: Die teks praat van "betroubare en getroue liefde". God is betroubaar en getrou. God se liefde is nie soos die mens sn nie. GOD IS LIEFDE. Vandag, more, in tye van blydskap, maar ook in tye van swaarkry, honger, oorlog, siekte en dood. God het aan die kruis gesterf vir ons sondes nog voor ons gebore is. Liefde is nie iets wat God doen nie - God is liefde. Prys die Here.

 

Sluit af met gebed
 

bottom of page