top of page

Verhoudings

Verhouding

Ysbreker: Hou jy van Netflix of boek lees? En waarmee is jy besig?

Open met Gebed

Vraag: Dink jy goeie verhoudings is belangrik? Hoekom?
Vraag: Hoeveel van die wêreld se probleme is agv swak verhoudings?
Vraag: Hoeveel van jou eie probleme is agv swak verhoudings?

Noem: Studies wys dat minstens 85% van ons probleme toegeskryf kan word aan swak verhoudings.

Vraag: Dink aan ‘n persoon wat tans 1 van jou beste vriende is. Wat sou jy doen as hierdie vriend vergeet van ‘n afspraak?

Vraag/Noem: Sou jy kwaad bly of die vriend vergewe?


Herhaal nou die vrae hierbo vir iemand wat jy tel as een van jou slegter verhoudings.


Noem: Die verskil in jou reaksie is nie agv wat die persoon gedoen het nie, maar die verskil in jul verhouding met die twee mense.

Vraag: Wat is die belangrikste ding wat God van ons as gelowiges soek?
Noem: ‘n Liefdevolle, volwasse verhouding met Hom.
Noem: Wat soek God tweedens van ons? Dat ons ‘n liefdevolle, volwasse verhoudings met die mense rondom ons moet hê.

Vraag: Waarom het Jesus aan die kruis gesterf?
Noem: Om God se verhouding met die mens te herstel. Hy het gemaak dat ons vergewe kan word vir ons verkeerde dade -  nie deur ons goeie dade nie, maar deur ons liefde vir God. 


Vraag: Wat sê die dinge hierbo vir ons oor verhoudings? 

1) God wil hê dat liefdevolle verhoudings ons nr 1 prioriteit moet wees.
 
2) Daar is 'n oplossing vir 85% van die wêreld se probleme - volwasse, liefdevolle verhoudings.
 
3) 'n Goeie leier is een wat volwasse en liefdevolle verhoudings najaag. Nie die boelies wat ons deesdae in die wêreld sien wat hul wil op ander afdwing nie.
 
4) Ons as Christene se sterkste getuienis aan die wêreld is ons verhoudings met ander Christene en met die wat nie Christene is nie. Hoe ons iemand behandel met wie ons nie saamstem nie, is self snog 'n sterker getuienis as ons verhouding met die met wie ons saamstem,


Lees: Hebreërs 10:24-25
Lees: Efesiërs 4:1-3
Lees: Romeine 12:17-18


Sluit af met Gebed

bottom of page