top of page

Geloof

Ware Koning

Ysbreker:  Vertel vir die groep van iets positiefs wat vandag met jou gebeur het.

 

Open met gebed
 
Vraag: Wat dink jy maak dit lekker om 'n koning of koningin te wees?
Vraag: Was Jesus 'n Koning? Het Jesus opgetree soos die Konings wat in Sy tyd geleef het?

 

Lees saam:  Markus 15:15-39
 
Vraag: Wat het jy uit die teks geleer wat jy voorheen nie geweet het nie?

 

Vraag: Wat in die teks maak jou hartseer? (Jesus was alleen. Hoe wreed die mense was.)
 

Vraag: Noem iets in die teks waarvoor jy dankbaar is. (Dat ek nie so hoef te ly vir my geloof nie. Dat Jesus dit vir my gedoen het. Dat daar iemand was wat Jesus kon help met sy kruis.)
 

Vraag: Noem iets in die teks waaroor jy nog wonder.
 
Vraag: Jesus is ’n Koning, maar Hy is ’n ander soort koning. Wat maak Jesus so anders?
(Jesus besit nie fancy klere, huis of motor nie. Al is Jesus 'n Koning was Hy bereid om geslaan, bespot, gemartel, verneder en gekruisig te word vir my en jou sondes.)
 
Vraag: As Jesus die seun van God en 'n Koning was, hoekom het Jesus dan toegelaat dat hierdie mense hom so martel en bespot? 

(Want Jesus was nie soos ander Konings nie. Jesus is na die aarde gestuur om vir my en jou 'n Hero te wees deur te sterf aan die kruis vir ons sondes.)
 
Vraag: Hoor jy soms hoe mense op die tv die spot dryf met God en die Christen geloof? Hoe laat dit jou voel?
(Dit laat 'n mens sleg voel. Soms laat dit jou stupid voel. Maar dis wanneer ons moet terugdink aan hierdie storie, waar 'n Koning bereid was om gespot, geslaan te word en te sterf aan 'n kruis vir ander se sondes. Ook vir my en jou sondes. Jesus kon al die pyn en vernedering vermei het, maar Jesus het geweet dat Hy moes sterf om vir my en jou te kan red. Dis nie iets om oor skaam te wees nie, dis iets om oor dankbaar en trots te wees.)
 
Vraag: As ek hierdie lees oor wat Jesus vir my gedoen het, behoort ek "anders" te leef. Behoort ek "anders" te leef as net 'n normale "goeie" mens. Leef ek anders? Getuig my lewe dat ek verstaan wat Jesus aan die kruis vir my kom doen het?


Noem: As jy wil weet hoe 'n Koning behoort te leef - moenie op Instagram of Youtube soek nie -  kyk net na Jesus. Lees jou Bybel en leer meer van die Grootste Koning wat hierdie wêreld al geken het. Wees trots op jou Koning wat bereid is om te dien en sterf vir die wat Hom volg.

 

Bid saam
 

bottom of page