top of page

Geloof

Gestuur

Ysbreker:  Ons gemeente is in die proses om 'n nuwe dominee te beroep. Wat sou jy sê is die belangrikste taak of eienskap van 'n dominee? 
 
Open met gebed
 
Vraag: Ons leef in 'n tyd waar daar baie kritiek is oor die kerk (spesifiek die NG Kerk waarvan ons gemeente deel is). Daar word baklei oor doop, selfde-geslag verhoudings en nog meer. Gemeentes doleer. Gemeentes se lidmaatgeltaale daal en kerke sukkel finansieel. Maak hierdie dinge jou soms bang oor of ons gemeente dit alles sal kan oorleef?
    
Vraag: Hoe dink jy het die dissipels gevoel na Jesus aan die kruis gesterf het?

(Die dissipels was bang. Jesus was nie meer fisies by hulle nie. Hulle was bang dat die Jode hulle sou kom aanval of dood maak. Hulle was so bang dat hulle weggekruip het en die deure gesluit het.)
 
Lees saam:  Johannes 20:19-31

 
Vraag: Die dissipels was so bang vir al die gevare dat hulle net hul bes wou doen om te kan oorleef. Klink dit nie baie soos ons persoonlike lewens en die van die kerk nie?
 
Vraag: Wat is God se opdrag aan Sy dissipels en ook aan ons as Sy kinders?
("Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook." God se opdrag is dat ons dissipels moet wees en die Woord moet verkondig. God se opdrag is nie om te oorleef nie, maar om te leef.)
 
Vraag: Doen ons net genoeg om te kan oorleef, of leef ons soos Jesus ons beveel het? Oorleef ons gemeentes net, of leef ons soos Jesus ons gestuur het?
 
Vraag: Na die dissipels jare saam met Jesus spandeer het, Jesus se lesse gehoor het en Sy wondertekens gesien het was hulle steeds bang. Wat gee Jesus hulle, wat hul vrees wegneem?
( Jesus het vir hulle die Heilige Gees gegee. Die dissipels was bloot gewone mense wat verander is toe hulle deur God aangeraak is. Van bang mense wat weggekruip het tot dissipels wat 100de kilometers te voet afgelê het, wat in tronke gegooi is en bereid was om te sterf vir hul geloof. Hulle was nie meer manne wat op wêreldse dinge vertrou het nie - hulle was manne wat op God vertrou het.)
 
NOEM: Dit was nie goeie programme of 'n goeie dominee wat die dissipels die krag gegee het nie - dit was hul vertroue op God. Sonder Jesus is ons gemeente net nog 'n klub. Die waarde van ons geloof lê nie in hoe suiwer ons teologie is, ons doop, ons dinamiese dominee, "band" of ons programme nie - dit lê in DIE EEN wat ons kom verlos het - Jesus Christus. 

Vra jouself: Hoe is my verhouding tans met God? 
 

Voor jy bekommerd is oor jou salaris, gewig, fiksheid, status, jou kerk, jou dominee, ens bekommer jou eerder oor jou verhouding met God en of jy jouself toelaat om gelei te word deur die Heilige Gees. Vertrou op God.

 

Bid saam
 

bottom of page