top of page

Gasvryheid

Verhoudings

Ysbreker:
As mense by jou kom kuier en jy wil seker maak dat hulle welkom voel, wat doen jy?

Lees saam: 

Genesis 18:1 – 15

Praat Saam:

1) Hou jy daarvan as jou familie/skoonfamilie kom kuier vir 'n braai? Moedig​ jy sulke kuiers aan?

2) Voel dit vir jou na werk om gasvry te moet wees of is dit vir jou lekker en maklik?

 
3) As jy Abraham was, sou jy ook so baie moeite vir vreemdelinge gedoen het?

4) Wat maak dat jy soms nie gasvry is nie?

Dit is te veel moeite.

Ons het nie tyd nie.

Ons wil eerder op ons eie wees.

Ons voel nie die ander persoon verdien die ekstra moeite nie.

  
3) Was Abraham gasvry omdat hy iets by die besoekers wou hê?

Nee, hy wou niks hê by hulle nie. Gasvryheid is 'n opdrag van God - vir familie, vriend en vreemdelinge.

Kan lees: ROMEINE 12:13 (NLV); HEBREËRS 13:2 (NLV)

 

4) Het Abraham wel gebaat agv sy gasvryheid?

Ja. Die besoekers het Abraham en Sara herinner aan 'n belofte van God waarvan hulle reeds vergeet het.

5) Hoekom is dit belangrik dat ons mense voor kerk groet en na kerk saam tee/koffie drink?

Om ALMAL welkom te laat voel. Om almal te laat voel hulle is deel van ons geestelike familie. Om ander beter te leer ken. Om jouself beter te kan leer ken.

Noem: Om deel van 'n familie te wees moet jy toelaat dat mense naby aan jou kom. Jy moet almal gasvry ontvang en toelaat dat hulle regtig sien wie jy is. So ontdek jy opnuut jouself en al die gawes wat jy ontvang het. Om mense gasvry te ontvang help jou om met nuwe oë te kyk na dit wat God vir jou gegee het.

Noem: God gee vir ons elkeen gawes en talente waarmee ons God en ander kan (moet) dien. Dit maak God bly as ons weer daardie "speelgoed" onthou en begin speel. 

Doen Nou:

Kyk na die persoon regs van jou en noem vir die persoon 'n gawe of talent wat jy in hom of haar raaksien.

  

Doen Later:

Soek hierdie week by jou werk, by 'n braai of Sondag by die kerk 'n geleentheid waar jy iemand kan laat welkom voel. 

Noem: Gaan dink bietjie watter "speelgoed" (gawes en talente) jy gegee is, maar wat jy lankal van vergeet het en weggepak het in 'n speelgoedkis. Pak dit weer uit en begin speel tot eer van God. 

Onthou:

DIS SOMS DEUR VRIENDELIK TE WEES MET ‘N VREEMDE WAT JYSELF ‘N STUKKIE VAN JESUS SE LIEFDE EN VREUGDE BELEEF!

Dit is DAN wat ons soos Abraham en Sara ook ontdek NIKS IS VIR GOD ONMOONTLIK NIE!

bottom of page