Geloof
HOOP
Ysbreker: Wat is die WhatsApp Emoji wat jy die meeste gebruik?
Open met gebed
Vraag: Sonder wat sou jy nie kon leef nie?
(Die mens kan nie sonder hoop oorleef nie)
Vraag: Sukkel jy soms met “hoop” in vandag se wêreld? Wat steel jou hoop?
Vraag: Wat gee jou hoop?
Vraag: Gee die leë graf van Jesus jou nog hoop?
Noem: Ons God het die dood oowin. Die graf is leeg. Die voorhangsel is oopgeskeur.
Noem: Ons hoop moenie wees in ons bankbalans, ons besigheid, ons regering, ‘n self-help boeke, ‘n make-over, nuwe dieet, nuwe meisie/ou, nuwe dominee, nuwe president ens. nie. God is die bron van hoop en daarom is Sy Woord gevul met hoop. En, in ‘n tyd waar daar baie mense is wat besig is om hoop te verloor, is dit soveel belangriker dat ons as gelowiges ons harte vul met hoop uit die Woord. Alleenlik wanneer ons self hoop het in God, sal ons dit kan deel met ander en hulle so bemoedig en versterk. Ons hoop is nie in mense en dinge nie – dit is in GOD!
Noem: Christene se hoop is nie "optimisme" gebaseer op ons huidige situasie nie, dis 'n keuse om op God te vertrou en wag vir 'n toekoms waar God alles ten goede sal laat meewerk. Christen-Hoop kyk terug na die dag waar Jesus uit die dood opgestaan het (en die res van die stories van HOOP in die Bybel) en vertrou dat daardie God steeds lewe en ons toekoms in Sy hande vashou.
Lees saam: Romeine 8:31-32
Lees saam: Romeine 12:12
Lees saam: Romeine 15:13
Lees saam: Psalm 27:1
Lees saam: Psalm 34:18-20
Lees saam: Hebreërs 11:1
Lees saam: Hebreërs 13:5
Lees saam: 1 Petrus 5:8-10
Lees saam: Filippense 4:13
Lees saam: Filippense 4:19
Lees saam: Mattheus 6:31-33
Lees saam: Deuteronomium 31:6
Lees saam: 2 Korinthiërs 12:9
Lees saam: Psalm 147:10-11
Noem: Dawid se hoop was nie in sy swaard of spies of weermag nie – Dawid se hoop was in die HERE! Mag die Heilige Gees die verse hierbo gebruik om jou oë weer op God te rig en mag jou hoop al hoe sterker word deur Sy krag!
Noem: Soos jy bid, so glo jy, so hoop jy, so leef jy.
Bid saam