top of page

Geloof

VREUGDE VIR GOD

Ysbreker:  Wat in jou lewe verskaf vir jou "JOY"?
 
Open met gebed
 
Vraag: "It is not joy that makes us grateful. It is gratitude that gives us joy". Wat dink jy hiervan?


Vraag: Wat dink jy verskaf vir God "JOY"?

1) ONS MAAK GOD GELUKKIG WANNEER ONS 'N VERHOUDING MET HOM NAJAAG
Lees: Hosea 6:6
Lees: Genesis 6:9b


Vraag: God sê vir ons dat Hy eerder 'n verhouding met ons soek as groot offers. Dit sê ook dat Noag "naby aan God geleef het". Hoe is jou verhouding tans met God? Sou jy sê jy leef "naby" God?


Vraag: Hoe kan ons, ons verhouding met God verbeter? 
Noem: Ons kan gereeld bid, gereeld bybel lees, gereeld na samekoms van gelowiges gaan.

2) ONS MAAK GOD GELUKKIG WANNEER ONS HOM VERTROU
Lees: Psalm 147:10-11
Lees: Hebreërs 11:7-11


Vraag: Vertrou ons God selfs wanneer ons situasie duister lyk of wanneer ons nie verstaan wat met ons gebeur nie? Vertrou ons God selfs in tye van hartseer? 
Noem: God het vir Noag gesê hy moet ‘n ark bou, en selfs al het dit belaglik geklink het Noag op God vergrou. Hierdie vertroue op God bring ons nader aan God.

3) ONS MAAK GOD GELUKKIG WANNEER ONS DOEN WAT HY ONS BEFEEL OM TE DOEN
Lees: Genesis 6:22
Lees: Jakobus 2:24
Lees: Jakobus 4:17


Vraag: Is dit moontlik om te glo in God, maar nie te probeer om te doen wat God ons beveel nie?
Noem: Onthou – die duiwel glo ook dat God bestaan.


Vraag: Doen jy “goei dade” of doen jy wat God van jou vra?
Noem: Mense wat nie Christene is nie, kan ook “goeie dade” doen. Christene doen wat God wil hê hulle moet doen – daardie aksies is toevallig ook “goeie dade”.

4) ONS MAAK GOD GELUKKIG WANNEER DIT VIR ONS BELANGRIK IS OM HOM GELUKKIG TE MAAK MET ALLES WAT ONS DOEN
Lees: Romeine 12:1
Lees: Psalm 37:23
Lees: Hebreërs 13:15-16


Vraag: Kan ons God ooit gelukkig maak deur “perfek” te leef?
Noem: Nee. Want niemand op aarde kan perfek leef nie. Dit maak God gelukkig wanneer ons, ons bes probeer om Hom gelukkig te maak. Dit maak God gelukkig wanneer Hy ons nr.1 prioriteit is.

 

Bid saam
 

bottom of page