top of page

LEEF

GEMEENTE VAN GOD

Ysbreker:  As jy vasgevang was op 'n eiland saam met 1 ander persoon - wie sou jy kies?
 
Open met gebed

Lees saam: Jakobus 2:14-26
 
Vraag: Wat sou jy sê is die prioriteite vir ‘n Gemeente van God? Wat moet so gemeente "doen"?

 

Vraag: Watter punt uit 10 sou jy NG Kerk Buffeljagsrivier gee? (bv. 3 uit 10; 5 uit 10; 8 uit 10)
 

Vraag: Wat doen ons gemeente tans reg?
 

Vraag: Wat dink jy kan ons as gemeente op verbeter?
 

Vraag: Wat is ons gemeente se Visie? 
Noem: Om God se Liefde vir ons familie en gemeenskap so sigbaar te Leef, dat dit die wêreld sal verander. (As jy meer detail soek - dis op ons webtuiste www.ngbuffeljagsrivier.co.za/visie.)
 

Vraag: Watter punt uit 10 sou jy jouself as lidmaat van NG Kerk Buffeljagsrivier gee?

 

Vraag: Onder ons gemeente se Logo staan 'n opsomming van die Missie. 
Daar staan " Kuier-saam , Werk-saam, Leer-saam". Wat dink jy beteken dit?

 

Hier volg 'n opsomming van ons gemeente se Missie:

 
KUIER SAAM:

Ons wêreld is deesdae so gejaag met wêreld-goed dat ons nie meer tyd het vir God-goed nie. Mense verhoudings is God-goed. Maak tyd om by jou buurman te gaan koffie drink en vra hom hoe dit gaan. Raak betrokke by 'n  Groei Groep  waar jy jou hartseer en gelukke met vriende kan deel. Bly vir tee na die erediens en leer ken mede-lidmate beter. As ons meer tyd vir ons mede-gelowiges en vriende maak, sal ons dalk verbaas wees hoeveel beter die week verloop. 

 

WERK SAAM:

Hierdie is waar ons geloof oorgaan in dade en ons gawes oorgaan tot diensbaarheid. Deur te help by die Vleisfees, kerk se verf, Sondagskool, tee-beurte, kerk-admin, ens is ons God se hande op aarde. Om vir mekaar om te gee en te sorg is 'n opdrag van God. Hoe kan ons verskeker dat ons mekaar ondersteun en bemoedig? Sien ons nog die nood en hartseer raak in ons gemeente en gemeenskap? Waar kan ons God se hande en liefde wees? Raak betrokke by een van ons gemeente se Bedienings en help ons om so 'n verskil in die wêreld te kan maak. 

 

LEER SAAM:

Woon Eredienste getrou by. Raak deel of begin 'n Groei-groep. Raak deel of begin 'n Bybel-studie. As ons waarlik lief is vir God, behoort ons honger te wees om meer van Hom te leer. Ons behoort konstant te groei in kennis van God. Sal ons ooit volleerd wees? Sal ons ooit al die antwoorde hê? Nie eens naastenby nie. So hoe kan jy meer leer van God? Kom luister na die erediens en sluit aan by 'n Groei-groep. Hierdie is 'n saam-kuier geleentheid waar jy saam met ander gelowiges kan soek na die antwoorde op van die lewe se moeilike vrae. Bespreek Sondag se preek of gesels oor dinge wat jy nie verstaan nie.

 

Noem: 'n Gemeente is 'n groep mense wat ooreenstem om saam te groei in ons Liefde vir God en ons Liefde vir ons naaste. "Doen" jy al iets hieraan of is jy nog 'n toeskouer wat net saam praat?

Bid saam
 

bottom of page