top of page

LEEF

Formule vir Geluk

Ysbreker:  Sonder wat sal jy nie kan leef nie? (koffie, wi-fi, bergfiets, suiker, 'n meisie, Facebook, Marmite, ens)
 
Open met gebed

Vraag: Wat is die teenoorgestelde van vat? Noem: gee
Vraag: Wat is die teenoorgestelde van uitsluit? Noem: insluit
Vraag: Wat is die teenoorgesteld van wen? Noem: verloor


Vraag: Voltooi die volgende: Ek kan net gelukkig wees as……
Noem: Ek 'n groot huis het, Ek baie geld in die bank het, Ek oorsee kan vakansie hou, Ek eerste kom by die parkrun, My kinders eerste staan in die klas, Ek 'n strandhuis het,  ens. 
 
Vraag: Voel dit soms vir jou of geluk soos 'n pot goud aan die einde van die reënboog is, dit bly skuif? Sodra ek die verhoging kry, die strandhuis koop, die meisie kry, oorsee was vir vakansie - dan is daar iets anders wat ek eers moet kry?

Noem: Soms kan ons net gelukkig wees as ons meer het as ons buurman? As my huis groter is as joune? As ek die een is wat vat en nie die een is by wie daar gevat word nie? As ek wil beter voel oor my eie gemeente dan noem ek die dinge op wat fout is met my buurman se gemeente?

 

Vraag: Wat as die teenoorgestelde van wen nie verloor is nie, maar eerder "om saam te speel"?
Vraag: Wat as daar nie net gee en vat is nie, maar eerder om te deel?
Vraag: Wat as daar nie uitsluit en insluit is nie, maar eerder net een groep?

 

Vraag: Klink dit na onsin?

Lees: 1 Korintiërs 1:18-31

Lees nou: "Die werklike gelukkiges" in Matteus 5:3-12

Vraag: Hoe het Jesus geleef?
Noem: Jesus het nie opgehardloop teen die berg sodat Hy eerste bo kan wees nie, Jesus het ander saam met Hom gevat. Jesus het mense opgesoek en gedeel. Jesus het eredienste bygewoon, al het Hy nie altyd met die dominee saamgestem nie. Jesus het Sy liggaam met ons gedeel. Jesus het by Saggeus gaan eet. Jesus het met die verworpe vrou by die put gesels. 

Jesus het nie mense geoordel nie - Jesus het mense raakgesien. 

(Onthou: Jesus het in 'n tyd geleef waar die ekonomie vrot was. "Sy mense" was nie aan bewind nie - die Romeine was. As Jesus kerk toe gegaan het was daar Fariseërs en Sadduseërs. Daar was siekte, dood en vervolging, geen elektrisiteit, geen wi-fi, geen cappuccino's nie en Jesus was nie hoofseun by die plaaslike laerskool nie. Die omstandighede was baie erger as wat ons vandag beleef.)

 

Noem: Covid, Beurtkrag, vrot ekonomie, kerke wat swaar kry, ens. ens. maak ons bang, en ons laat toe dat hierdie vrees ons lewens beheer en bepaal. Ons kruip weg in ons huise en verkies om preke op Youtube te kyk ipv by 'n erediens saam met ander gelowiges saam te kom. Ek is bekommerd oor my aftree-fonds, maar dink nie aan die man wat vanaand honger gaan slaap op straat nie.

Lees: Matteus 5:13-16

FORMULE VIR GELUK: Gelukkig is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is. Gelukkig is die wat ander mense raaksien soos Jesus hulle raakgesien het.

 

Jesus min my, tel my op. Maal my, deel my tot ek klop.

Bid saam
 

1652689767757_verse_image.jpg
350839-It-Is-Not-Joy-That-Makes-Us-Grateful.-It-Is-Gratitude-That-Makes-Us-Joyful.jpg
bottom of page