VERTROU
Psalm 23
Ysbreker: As jy op die voorblad van 'n tydskrif kon wees, watter een sou dit wees?
Open met gebed
Vraag: Wat kort jy op die oomblik in jou lewe? (meer vrye tyd, 'n vrou, 'n huis, …)
Vraag: Hoe voel jy daaroor as iemand jou 'n skaap noem? (daai voel dalk na 'n beledeging….)
Vraag: Wie ken Psalm 23 uit sy kop uit?
Lees: Psalm 23:1-6
Vraag: Wat hoor jy?
Noem: Skape is heeltemal afhanklik van hulle herder en hy meot hulle versorg, lei en beskerm. Jesus word in die Nuwe Testament die goeie herder genoem (Joh 10:11-14), asook die groot Herder (Heb 13:20) en die Opperherder (1 Pet 5:4). Dit beteken nie dat ons dom, bang en passiewe diere is nie, maar dat ons aan Hom gehoorsaam is en verstandig genoeg is om die Een wat ons op die regte pad lei, te volg. As jy die goeie Herder sien, volg Hom! Ons leer ware tevredenheid ken as ons God die herder toelaat om ons te lei. Ons Herder weet waar die weiding en water is wat ons sal versterk.
Vraag: As die Here 'n herder is, wat maak dit ons? (Noem: Ons is die skape.)
Vraag: En wat moet skape doen? (Noem: Skape moet hul Herder volg.)
Vraag: Sukkel jy ook soms om te onthou dat jy net nog een van die skape is? Probeer jy soms soos 'n herder ipv 'n skaap optree?
Vraag: Hoe reageer jy wanneer 'n ander skaap 'n ander standpunt as jy het?
Noem: Trots keer ons baie keer om ons Herder te volg en deel van die trop skape te bly. Trots keer ons om saam te groei en te luister na mekaar. Trots maak dat ons daai swartkop skaap is wat onderdeur die draad klim en op sy eie is waar die jakkelse hom gaan verskeur.
Vraag: Is dit soms moeilik om God se liefde en sorg te verstaan in tye van siekte, swaarkry of dood?
Noem: Ons het probleme as ons reken dat ons God se liefde volkome kan verstaan, en dit selfs wil omskryf. Ons wil namens God besluit wie Hy mag liefhê, en wie nié. Of Hy mense van ’n ander kerk of ras of kultuur as ons s’n mag liefhê. Ek bevraagteken soms God se liefde vir my. Dis daardie oomblik wat ons dink ons is die herder en vergeet ons is eintlik 'n skaap.
Wanneer ons die Here (Herder) se liefde probeer beskryf kan ons dit net beperk.
* Hoe sal ons ooit die soort liefde verstaan waarmee Hy sy Seun vir ons sondes laat sterf het?
* Hoe kan ons die liefde verstaan wat sonder ophou vergewe?
* Die liefde van die verlore seun se vader?
* Die soort liefde waarmee Jesus ’n moordenaar vergewe terwyl Hy onskuldig aan ’n kruis hang?
* Of die liefde wat 99 skape alleen laat om die verlore een te gaan soek?
Noem: So wat doen 'n goeie skaap?
Noem: Hy volg sy Herder. Hy vertrou sy Herder.
Onthou selfs wanneer jy deur donker dieptes gaan:
1) God sal ons nooit iets laat kortkom nie.
2) God is by ons wanneer dit donker is.
3) God hou ons vas, al verdien ons dit nie.
Bid saam