top of page

VERHOUDING

Tyd met God

Ysbreker: Wat sou jy graag wou doen as ‘n stokperdjie? Of waarin sou jy graag beter wou wees?

Open met Gebed

Vraag: Wat keer dat jy daardie stokperdjie begin, of dat jy beter raak in dit waarin jy graag wil beter raak?
Noem: Waarskynlik het jy te min tyd. Of dalk te min ball-sense of ander talent.

Vraag: Wat dink jy is die geheim tot sukses in meeste goed wat ‘n mens aanpak?
Noem: In Outliers skryf hulle dat “expert” status hoofsaaklik toe te skryf is aan die hoeveelheid tyd wat jy daaraan spandeer. ‘n Studie toon dat jy eers na 10,000 toegeweide ure ‘n “expert” in enigiets kan wees.

Vraag: Wat moet jy doen om beter fiets te ry?
Noem: Werk ‘n program uit, spandeer baie tyd op die fiets, commit aan gesonder eet, sluit aan by die gym, kyk youtube, ry saam met vriende, kry ‘n afrigter, koop ‘n fiets, lees ‘n boek ens.

Vraag: Werk geloof ook so? Of hoef ons nie ekstra te “oefen” en op te lees oor geloof nie? 
Noem: Ons geloof en verhouding met God is net soos die dinge reeds hierbo genoem – as jy nie tyd en moeite daarmee doen nie, gaan dit nie verbeter nie. 

Lees: 1 Timoteus 4:8
Lees: Johannes 6:47-51 
Lees: Psalm 1:1-3

Vraag: Dit klink of ‘n verhouding met God die sleutel tot ‘n gelukkige lewe is? Om vandag al daai geluk te ontvang waarna ons almal honger. So wat moet ons doen om hierdie “goeie lewe” te ontvang?
Noem: Die antwoord is nie “deur ons goeie dade” of “om ‘n “goeie mens” te wees nie.

Noem: Hierdie “goeie lewe” word ons sn wanneer ons, ons hele lewe oorgee aan God. Wanneer ons harte vol is van God se liefde.

Wanneer ons tyd maak vir God.
 

Noem: God verwelkom ons om op Sy skoot te kom sit. Net soos ons is. Ons moet net daar gaan sit. ‘n “Goeie Christen” is nie die een wat al die regte dinge doen nie, maar die een wat op Christus se skoot sit.

Vraag: So hoekom hou ons so styf vas aan die “moets & moenies” in die bybel? Opsoek na hierdie geluk?
Noem: Dit maak God vir ons eenvoudiger en makliker om te verstaan. ‘n “To-do” lysie van reg en verkeerd of in en uit maak dit makliker vir ons om te voel ons verstaan God. Ons hoop dat as ons die lysie nakom ons God gelukkig kan maak.

Vraag: Hoekom is dit dan verkeerd om te veel erns te maak met die “moets & moenies” in die Bybel?
Noem: Die bedoeling is goed. En as ons werklik op Christus se skoot sit, sal ons God se beelddraer wees en sal ons dade (vrugte) getuig van wie en wat ons is. Maar wanneer ons dink dat ons dade lei tot redding verminder ons die krag van die kruis. 
Noem: Hierdie “moets-en-moenies” lei baie keer tot verdeeldheid in die kerk. Ons gebruik hierdie lysies om te wys hoekom ek reg is en ‘n ander ou verkeerd is. Lysies lei tot verwaandheid.


Noem: As ons self ons redding kon bewerk, dan hoef Jesus nooit aan ‘n kruis te gesterf het nie.

Vraag: Waarvandaan kry jy tans jou “brood waarvan jy lewe”? Spandeer jy genoeg tyd op God se skoot?
(Gee elkeen in die groep die geleentheid om te vertel hoe hulle dit tans doen: Bybel lees, gereelde gebed, Bybelstudie, Groei-groep, gereelde erediens bywoning, ens.)

Lees: Johannes 12:24-26

Vraag: Wanneer ons van God se liefde en genade praat, sê ons baie keer dit is gratis, maar nie goedkoop nie. Hoe verstaan julle hierdie uitdrukking? 
Noem: God soek nie ons geld of goeie dade nie, God soek ons hele lewe. Ons hoef nie altyd perfek te leef nie, maar as ons werklik lief is vir God sal ons 24uur van elke dag van ons lewe bewus wees van God en ons bes probeer om te leef soos God wil hê ons moet lewe. Maak tyd en gaan sit op God se skoot.

Sluit af met gebed
 

bottom of page