top of page

VERHOUDING

Bemoediging

Ysbreker: Jy is op die werklikheidsprogram Survivor. As jy die kompetisie wil wen moet jy 42 dae oorleef. Dit is nou dag 21 (3 weke in, 3 weke oor) en jy wen die “Reward Challenge”. Jy kan kies tussen: ‘n leidraad oor waar ‘n “imunity idol” is of ‘n besoek vanaf ‘n vriend of familie-lid of soveel bier en pizza as wat jy kan eet – watter een kies jy? 

Open met gebed

Vraag: Is dit vir jou moeilik of maklik om te vra vir hulp?

Vraag: Hoekom is dit soms vir ons so moeilik om vir mense te vra om vir ons te bid?
Noem: Dalk is dit omdat dit ons “vulnerable” of “swak en pateties” laat voel, terwyl ons graag sterk wil voorkom. Ek voel ek behoort vir myself te kan sorg. Dalk trots. Dalk voel dit te persoonlik en privaat. Jy wil jou nie bemoei met ‘n ander man se dinge nie……..

Vraag: Wanneer laas het jy vir iemand gevra of daar iets is waarvoor jy vir hom/haar kan bid?

Vraag: Wat beteken die gesegde “Agter elke Man…..”?
Noem: Niemand bereik alleen groot hoogtes in hul lewe nie. Dit word meestal met die hulp, ondersteuning  en bemoediging van ander gedoen. Ons moet besef dat alle mense (selfs die met mooi Facebook posts) gaan deur donker tye wanneer hulle hulp en bemoediging nodig het.

Vraag: Klas die volgende karakters in die Bybel in volgorde van bekendheid: Paulus, Markus, Barnabas.
Noem: Ek sou sê dat Paulus ‘n super hero is, Markus soos ‘n side-kick en Barnabas relatief onbekend is.

Vraag: Sal jy kan glo dat Paulus en Markus nie kon wees wie hulle was, sonder Barnabas se bemoediging?

Lees: Handelinge 4:36-37
Lees: Handelinge 9:26-27
Lees: Handelinge 11:22-26
Lees: Handelinge 15:36-39

Noem: Barnabas was die enigste een in Jerusalem wat bereid was om die kans te vat om Saulus te ontmoet na sy bekering – die ander was te bang. Barnabas motiveer hoekom hulle Saulus moet ontmoet en ondersteun. Dan gaan Paulus (vermoedelik vir omtrent 10jaar) terug na Tarsus, waar Barnabas hom gaan haal om te help met die gemeente in Antiogië. En vanuit hierdie gemeente vertrek Paulus op sy eerste sendingsreis – saam met Barnabas en Markus. Op hierdie reis verlaat Markus hulle halfpad – tot die teleurstelling van Paulus. So groot was Paulus se teleurstelling dat Paulus weier om weer op reis te gaan saam met Markus. Maar Barnabas was bereid om Markus nog ‘n kans te gee.

Vraag: Sou jy vir Saulus in Jerusalem ontmoet het kort na sy bekering? Sou jy vir Markus op ‘n tweede sendingsreis geneem het, na Markus gedros het op die eerste een?

Noem: Elke mens het in een of ander stadium van sy lewe aanmoediging nodig en daarom het die wêreld meer Barnabasse nodig. Barnabas het die vermoë gehad om te weet wanneer ‘n mens aanmoediging nodig het. In ‘n sekere sin is die grootste deel van die Nuwe Testament danksy Barnabas vir ons gelaat. God het Barnabas se verhouding met Paulus, en later ook met Markus, gebruik om die twee se werke voort te sit – in tye wat hulle besig was om te misluk en wou opgee.


Noem: Barnabas was Markus se neef en hy het ‘n baie belangrike rol in Markus se lewe gespeel. Hy het die jong man geduldig bygestaan ondanks sy aanvanklike mislukking en hom deurgaans aangemoedig. ‘n Mens kan uit jou foute leer. Veral as jy deur iemand bemoedig word om weer te probeer. Markus was gretig om die regte ding te doen, maar het gesukkel om te volhard. Johannes Markus het mettertyd en met die nodige aanmoediging, uit sy foute geleer. Agv iemand soos Barnabas wat Marukus bly ondersteun en bemoedig het, het Markus as mens en Christen ontwikkel tot op die punt waar Paulus en Markus ook later versoen is en die apostel en die jong dissipel het hegte vriende geword – lees 2 Tim 4:11. 

Vraag: Moet ons besonders begaafd of talentvol wees om iemand te kan bemoedig?
Noem: Aanmoediging / bemoediging is ‘n gawe van die Gees en ongetwyfeld een van die kragtigste dinge, wat ons kan doen om ander te help. Ons hoef nie talentvol of besonders begaafd te wees om dit te doen nie. Enigeen kan dit doen.

Lees: Romeine 12:6-8

Vraag: Beteken dit ons mag nooit iemand kritiseer nie?
Noem: Natuurlik is dit soms nodig om iemand op sy foute te wys, maar ons moet eers die persoon se vertroue deur aanmoediging wen voordat ons hom op sy tekortkominge kan wys. Die verhouding moet sterk genoeg wees om die kritiek te kan dra.

Vraag: Ons kom daagliks in aanraking met mense wat bemoediging nodig het. Hulle mag dit miskien nie wys nie, maar innerlik trap hulle water. Ons woorde of selfs net ‘n vriendelike glimlag kan ‘n groot verskil maak. Wat moet ons maak wanneer ons voel ons weet nie wat om vir so iemand te sê nie?


Lees: Jesaja 50:4


Noem: Bid vir God vir die regte woorde. Vra vir die Heilige Gees om jou aksies te lei.
Noem: Soms is dit net ‘n glimlag en ‘n bemoedigende woord wat vir iemand weer moed gee, soos Job vertel in
Job 29:24. Soms is dit die aflewer van ‘n maaltyd by ‘n gesin met ‘n nuwe baba wat hulle help om weer ‘n slag kop bo water te kry. In tye van ongemaklike soos met die Covid-maatreëls kan ‘n oproep of ‘n kaartjie iemand se alleenheid of frustrasie help verlig. Selfs net ‘n Whatsapp-boodskappie van Ouma of ‘n spesiale lekkernytjie van Pa se kant kan die spanning van die matriekeksamen draagliker maak.

Vraag: Vir wie gaan jy hierdie week probeer bemoedig?

Vraag: Waarvoor kan daar vir jou gebid word vir bemoediging?

 

Sluit af met gebed
 

4409538-William-Barclay-Quote-If-we-are-to-accept-the-teaching-of-Jesus-at.jpg
2998619-William-Barclay-Quote-More-people-have-been-brought-into-the.jpg
img_5634.jpg
william-barclay-591135.jpg
bottom of page