top of page

GEMEENTE

Wie is genooi?

Ysbreker: 1. Terwyl jy in 'n stoel sit, lig jou regter voet van die grond af en beweeg hom in 'n kloksgewyse sirkel  2. Terwyl jy dit doen - skryf die nommer "8" in die lug. Ekstra beskuit vir die een wat dit regkry :)

Open met gebed

Vraag: As mense sê: “Die kerk moet….” – wie is “die kerk”?
Noem: “Die kerk” is ek en jy. En die dominee en die kerkraad. “Die kerk” is ons.

Vraag: Waarvoor bestaan die kerk?
Noem: Om die wêreld te vertel van die goeie boodskap van God se liefde en verlossing. Om God saam as gemeete te loof en prys vir Sy liefde, Om vir mekaar om te gee en te bemoedig, Om te sorg vir die wat honger, siek, arm is. Om by mekaar te leer van God, om te hoor wat God se roeping vir ons as gemeente is, om die Jeug te leer van God, om so deel te neem aan die Ligaam van Christus. 

Vraag: Voel jy welkom in ons gemeente?
Vraag: Wat laat jou welkom voel? Wat laat jou onwelkom voel?
Vraag: Wat doen jy tans om ander meer welkom te laat voel?

Vraag: Wat bied ons gemeente vir die gemeenskap?
Noem: Dalk moet ons begin deur die gemeenskap te laat welkom voel by ons. Dalk moet ons die gemeenskap 'n plek bied waar hulle Jesus kan leer ken.....

Vraag: Het jy soms nie krag om “die kerk” te help met hierdie boodskap en werk nie? Het jy soms so min krag jy wil net op ‘n klip sit en bybel lees op jou eie?

Lees: Handelinge 1:8


Vraag: Wat is vir jou opvallend van die gedeelte?
Noem: Ons kan en moet soms op ons eie stil raak en die bybel lees. Maar wanneer ons klaar gesit het, moet ons die wêreld gaan vertel van God se goeie boodskap. Ons moet die Heilige Gees vir daardie krag vra.

 

Vraag: Wie is welkom in die kerk?

Lees: Lukas 5:27-32 (Levi is Matteus genoem na hy Jesus begin volg het)


Vraag: Wat lees jy in Lukas 5:27-32?
Noem: Dit help nie ek en jy sit op ‘n klip of by die kerk net besig met ons eie dinge terwyl daar “siek” mense daar buite is wat nog nie die goeie boodskap gehoor het nie. 

Noem: In Jesus se lewe op aarde was die boodskap dat almal welkom is, Jesus verander jou lewe as jy met Hom in aanraking kom! Simon was ‘n terroris, Matteus was ‘n kranige tollenaar – maar Jesus verander hul lewens deur hulle te nooi om Hom te volg en leer ken.

Lees: Lees Kol 4:2-4 in Die Boodskap Vertaling:  Kolossense 4:2-4 (Die Boodskap)  

'So wil ek hulle bemoedig. Hulle moet besef dat ons deur die drade van liefde aan mekaar vasgeweef is. Hulle het die geheim van God, naamlik Jesus, leer ken. Dit het hulle ryk laat voel. Skatte word in ’n skatkis gebêre. Om die goddelike dinge te ken en te verstaan hoe dit werk, is vir Christene soos sulke waardevolle skatte. Dit is in Jesus opgesluit en kan net by Hom gekry word. Ek beklemtoon dit sodat niemand julle op ’n verkeerde spoor kan lei met redenasies wat slim mag klink, maar eintlik van leuens deurtrek is nie. ' (skakel na toep)

Vraag: Dit is die uitdaging vir jou en my - wat is vir jou aangrypend van die teks.

 

Noem/Vraag: Jesus nooi vir Simon die terroris en Matteus die tollenaar al is hulle nie perfek nie. Want niemand is perfek nie en almal moet welkom voel om meer van Jesus te kan leer.  Wie ken jy wat Jesus nodig het? Nooi daardie persoon dalk ‘n keer om ‘n erediens of groei-groep by te woon.

Sluit af met gebed
 

119777399_10157491463311179_7117640753759875796_n.jpg
bottom of page