top of page

Kruietuin

Verhoudings

IS JY SAAM MET ANDER OPPAD IN JOU GELOOFSREIS?
   
Ysbreker:
Leef jou Checkers plantjies nog?

Sal jy sê jy het "groen-vingers"?

Praat Saam:
1) As jy deur ‘n moeilike tyd gaan - met wie gesels jy gewoonlik?  

  
2) Wanneer is die tye in ‘n mens se lewe, wanneer jy graag sal wil weet daar is ‘n geloofsfamilie in jou lewe?

    

Lees saam: 

Markus 2:1 – 12

1) In Jesus se tyd het mense geglo dat "swaar tye" 'n gevolge van "sonde" was en mense het hulself dan eerder van jou gedistansieer. Wat doen die verlamde man se vriende?

Al is daar hierdie negatiewe konnektasie staan hulle by hulle vriend. Hulle help die vriend. Hulle bid waarskynlik vir hierdie vriend en wanneer daar 'n geleentheid is doen hulle ook iets om die vriend te help.

2) Was dit die verlamde man se geloof wat hom gered het? 

Dalk. Maar sy vriende het verseker geglo dat Jesus hul vriend kon genees. En hulle sou enigiets doen om hul vriend te help.

 

3) Dink jy, jy bid genoeg vir jou vriende?


4) In 'n kruietuin baat 'n plant deur die ander tipes kruie wat rondom hom geplant word. Hoe is die les ook hier van toepassing?

 

Lees saam: 

1 Korintiërs 3:4-9

1) Dink julle hierdie twisgesprekke wat die Korinthiërs gehad het is nog deel van “kerkwees”/”familiewees” vandag? 


2) Wat wil die kruietuin, Paulus se brief en die verhaal van die verlamde man vandag vir ons leer? 

3) Hoe kan ons help dat ons gemeente en gemeenskap se kruietuin gesond is?

4) Wat is ons gemeente se missie?

Kuier saam

Werk saam

Leer saam

Onthou:

Efesiërs 4:12-13

Ons elkeen het 'n unieke gawe of talent gekry. Dit is nie vir ons gegee om slegs vir onsself te help en genot te verskaf nie - dis aan ons gegee om God en ons medemens mee te dien.

Al is ons almal verskillend is ons deel van dieselfde liggaam.

Doen:

Vra vir 'n vriend hoe jy hom hierdie week kan help.

Vra ook vir hierdie vriend waarvoor jy vir hom/haar kan bid.

Bid:

Bid dat die Here julle as groep/kring/familie/gesin sal help om DAKBREKERS en MEDEWERKERS te wees vir mekaar en julle GOD se GROEI raaksien en VIER in mekaar se lewens!

bottom of page