top of page

GELOOF

Pottebakker

Ysbreker: Wat was vir jou die lekkerste dag in die afgelope week? Hoekom?

 

Open met gebed

 

Vraag: Dink jy God laat dinge met ons gebeur om ons te toets, of is dit die duiwel wat ons probeer "trick"?

Lees: Jeremia 18:1-10 

Vraag: Wie van julle het al 'n pottebakkers-kursus gedoen? Of met klei gewerk? Vertel van jou ervaring.

 

Vraag: Wat is eienskappe van 'n pottebakker? Wat ontdek Jeremia terwyl hy die pottebakker dophou?
Noem: Toewyding. Hy werk doelgerig, Hy is in beheer, Hy gebruik verskillende instrumente, Hy is geduldig. Talent. Passie. Detail georiënteerd. Wanneer die klei nog sonder vorm is, "sien" die pottebakker reeds wat hy wil maak.


Vraag: Is hierdie nie ook eienskappe wat ons aan ons God en Skepper kan toeskryf nie?

Vraag: As 'n pottebakker besig is met 'n stuk klei en dit "shape" nie soos hy dit wou gehad het nie, gooi die pottebakker die klei weg of begin hy van voor met daardie selfde stuk klei? 
Noem: Die pottebakker gooi nie die klei weg nie, hy begin weer van voor.

Noem: God is die pottebakker en ons, sy volk, is die klei.
 

Noem: Soos die pottebakker, is dit God se erns om iets nuttigs van sy volk te maak. Daarom bly Hy geduldig en kan Hy selfs van sy voorneme afsien om die voorwerp-in-wording weer te verwoes. Hy is ook by magte om voor  te begin en van die mens se mislukkings en foute 'n sukses te maak.

 

Vraag: Beskou jy dalk jouself as 'n mislukking? Is jy soms kwaad oor die dom dinge wat jy al gedoen het?
Noem: Watter troos is nie daarin geleë dat God dieselfde klei oor en oor kan vorm!

 

Vraag: Wat maak dat klei "onbruikbaar" raak?

Lees: Jeremia 18:11-12

Lees: Romeine 9:20-21
Lees: Jesaja 29:13 & Jesaja 29:15-16

Lees: 1 Petrus 5:6-7

Noem: Slegs my en jou hardkoppige, eiewilligheid keer dat God iets moois uit ons lewens kan maak.


Vraag: Wat verhoed tans dat jy God se stem duidelik kan hoor?
Noem: Werk, kinders, Netflix, pelle, dalk spandeer jy jou tyd op verkeerde plekke en dinge ............

Noem: Wanneer ons ontevrede of ongelukkig is met hoe dinge in ons lewe gaan, is dit nie ons Pottebakker se skuld nie - dis wanneer die klei waarmee Hy werk (ons) hardkoppig, trots, vol onsuiwerhede en eiewilligheid is.

 

Vraag: Hoe moet klei wees as 'n pottebakker dit wil gebruik?
1) Vry van onsuiwerhede - Is jy gewillig om Gehoorsaam aan God te wees?
2) Sag en vormbaar - Is jy Bereid om te luister na God sodat Hy jou lewe kan vorm?
3) In die middel van die draai-wiel - Waar spandeer jy jou tyd en gedagtes?

 

Vraag: Wat moet ons doen om beter klei in God se hande te kan wees?

1) Kry vir jou 'n stil plek waar jy kan rustig raak en vergeet van die besige lewe daar buite. 
2) Maak plek in jou gedagtes net vir God en spandeer tyd in gebed.

3) Praat minder, luister meer. 
4) Spandeer tyd met die Woord van God. 
5) Bid saam met iemand. Vra iemand om vir jou te bid.

6) Vra die vrae waaroor jy wonder in 'n Groei-groep.
7) Aanbid saam met ander gelowiges op 'n Sondag. 

 

Vraag: Ons is nie oorgelaat aan toeval nie. Ons het 'n Pottebakker wat iets wonderliks en moois vir ons beplan. Wat gaan jy die week anders probeer doen, sodat jy beter klei kan wees?

 

Sluit af met gebed
 

bottom of page