top of page

DIE LEWE

Seisoene

Ysbreker: Watter seisoen is vir jou die lekkerste?

 

Open met gebed

 

Vraag: Daar is boeke en metafore wat seisoene ook met fases van ons lewe vergelyk. In watter fase of seisoen van jou lewe is jy tans? Voel jou lewe soms of jy 4 seisoene in een week ervaar? Verduidelik?

 

Lees: Pred 3:1-11

Vraag: Wat hoor jy in hierdie teks?

Vraag: Ons almal hou ons daagliks besig met sekere take. Sou jy sê ons doen dit sodat ons meer Lente en Voorspoed kan ervaar en minder Winter en verlies kan ervaar?
Noem: Vers 9 vra die vraag: "Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei?" Ons toestand sal altyd tussen twee pole beweeg: die pool van lewe en behoud en die pool van dood en verlies. Net soos in die natuur kan ons nie 'n seisoen mis deur ons aksies nie. As ons waarlik in ooreenstemming met God se Wil probeer lewe, moet ons die sin van sy volmaakte tydsbestel en seisoene ontdek, aanvaar en waardeer.

Noem: Dit is nie net die natuur wat seisoene het nie. Ook in ons verhouding met die Here en in ons mens-wees gaan elke mens ook deur seisoene. Beskryf nou hoe jy elke seisoen ervaar:

LENTE
Opgewonde. Nuwe lewe en energie. Sien kans vir nuwe idees en uitdagings. Dis maklik om te sing, versoeking te weerstaan en getrou te volhard.

Vraag: Wat moet ons doen as ons ‘n geestelike lente ervaar? 
Noem: Wees dankbaar. Raak betrokke. Getuig van die Here se goedheid.

Lees: Psalm 36:6-10

 

SOMER
Die somer is gewoonlik ‘n tyd wat daar ge-oes word. Baie vrugte en ‘n besige tyd. Ook in ons geestelike lewe is daar somers wanneer ons die vrug van die Gees sien in ons lewens: Vrede, vreugde, diensbaarheid, geloof. Dis ‘n tyd wat daar vastigheid in ons lewens is. 

Vraag: Wat moet ons doen as ons geestelike somer ervaar?

Noem: Wees diensbaar. Deel die oorvloed wat jy ontvang van God met ander.

Lees: Psalm 18:30-33

Lees: 1 Tess 5:18

Lees: Fill. 4:6

 

HERFS
Die bome kan nie vir altyd vrugte dra en groen wees nie. Die lug is nie altyd vol warmte en oorvloed nie. Die dae raak korter en die nagte koeler.  

 

Vraag: Wat moet ons doen as ons ‘n geestelike herfs ervaar? 
Noem: Soos die dissipels gevoel het na Jesus gekruisig is. Deurmekaar en onseker.

Lees: Lukas 24:38-39

 

 

WINTER
Die dae is kort en koud. Min vrugte. Die dae is triestig en die son is skaars. 
  

Vraag: Wat moet ons doen as ons ‘n geestelike winter ervaar? 
Noem: Sukkel om te bid. Versoekings. Waar is U Here? Waarom? Min vrug, geen antwoorde, baie vrae.

Lees: Psalm 10:1

Lees: Matt. 27:46

 

 

Vraag: In watter seisoen sou jy sê is jou Geestelike Lewe tans?

 

Noem: In Prediker 3:10 staan daar: "Ek het gesien dat God aan die mens 'n taak gegee het om hom mee besig te hou." Neem waar in watter seisoen van jou lewe jy tans is en aanvaar dat dit God se tyd is.

 

Noem: Charles Spurgeon het die volgende gesê: “It is not how much we have, but how much we enjoy, that makes happiness.” Vir 'n GELUKKIGE LEWE is die belangrikste nie wat ons besit of in watter seisoen ons is nie, maar dat ons dit saam met GOD ervaar, geniet en trotseer. Vind jou geluk in God.

 

Sluit af met gebed
 

bottom of page