top of page

ROEPING

Die Rooi Skoen

Ysbreker: Watter paar skoene in jou kas is jou gunsteling paar? Ken jy iemand met ‘n rooi paar skoene?

 

Open met gebed

 

Vraag: As jy ‘n rooi skoen langs die pad sien lê, watter vrae kom by jou op oor die skoen?
Noem: Wie se skoen is dit? Waar is die ander skoen? Ek wonder of dit vir my pas? Hoekom sal iemand een skeon verloor? Ek hoop die eienaar van die skoen is oraait?

Vraag: Hierdie skoen se storie is onvoltooid. Voel jou lewe ook soms soos hierdie alleen skoen wat lê in die middel van die pad? Jy weet nie of jy iewers heen oppad is, en of jy van iewers af kom nie?  Laat dink hierdie skoen jou dalk aan jou eie onvoltooide storie? Weet jy nog waarheen jy oppad is?
Noem: Soos met die rooi skoen is daar tye in ons lewe wat ons lewe soms maar lekker deurmekaar, hard, pynlik en onregverdig is. 

Vraag: Hulle sê: “There are two kinds of people in this world: those who say “whatever” and those who say, “whatever it takes.” Waar sou jy sê trek jy nou in jou lewe?

Noem: Die Here wil ons heel maak. Elke mens is vir God belangrik. Al voel ons soos ‘n skoen wat alleen langs die pad lê. Al het die lewe ons soveel keer seergemaak & teleurgestel dat ons wil sê “whatever”, moet ons bly vashou in die vertroue dat ons lewens vir God saak maak. Dat God ‘n plan vir jou lewe het. 

Lees: 1 Korintiërs 9:16-23

Vraag: Wanneer laas was jy lus om te sê: Whatever?
Noem: Paulus het baie teëspoed en swaarkry na sy bekering ervaar. Dinge wat Paulus kon laat voel soos ‘n skoen langs die pad. Maar Paulus sê nie “whatever” nie. Paulus het deur dit alles bly glo  dat God by hom is. Ons dien ‘n God wat ons wil heelmaak. Wat ons wil vrymaak. Wat verhoudinge wil herstel. ‘n God wat die goeie en die mooi vir mense wil gee. Paulus het bly sê: “Whatever it takes”.

Vraag: Wanneer laas het jy jouself gevra: Waar kan ek vir anders van Jesus vertel?

Vraag: Paulus vra homself af waar kan hy ‘n verskil in ander se lewens maak. Waar en hoe kan ek en jy vir mense van Jesus leer?

 

Vraag: Wat is 2 dinge wat belangrik is as ons die wêreld van Jesus wil vertel?
Noem:

1) ‘n Verhouding met God  

2) ‘n Verhouding met die een vir wie ons vertel van Jesus.

Vraag: In hierdie teks maak Paulus dit duidelik dat hy bereid is om mense te ontmoet waar hulle is, nie waar hy is nie – sodat hy die mense van Jesus kan vertel. Maak die evangelie jou soms so passievol en opgewonde dat jy vir mense begin preek voor jy hulle werklik ken? En voor jy jou kon kry is jy aan die baklei met die persoon of baie ontsteld?
Noem: Jesus verwag van ons om verhoudings met ander mense te bou waar ons sal bly hande vashou – al stem ons nie saam oor alles nie. Dis die tipe verhoudings waar ons vir mense van Jesus kan vertel.

Noem: God het ons in die wêreld gestuur om ‘n verskil in ander se lewens te maak. Ons moet wegbeweeg van “wie gaan my bedien” en nader aan “vir wie kan ek bedien”? 

Vraag: Dink gou aan die gawes/talente/bronne wat jy het en wat jy kan gebruik om ‘n verskil in ander mense se lewens te maak en waarmee jy die gemeente en mense kan dien.
Noem: Kyk na mekaar in die groep en noem eienskappe van ‘n ander persoon wat jy van waarde skat.

Noem: God se skoen van genade pas aan almal se voete. So trek aan daai skoen en gaan maak ‘n verskil!


Sluit af met gebed
 

bottom of page