top of page

GELOOF

Hoe lyk God?

Ysbreker: As jy iets kon verander van hoe jy lyk - wat sou dit gewees het? 
 
Gesels saam:  
•  As jy 'n prentjie moes teken oor hoe God lyk - wat sou jy teken? 
•  Hoekom het jy dit geteken? 
 
Lees saam: Genesis 22:1-19 
 
Gesels saam: 
•  Hoe dink jy sien die meeste mense vir God? 
•  Wanneer jy aan God dink en tot Hom bid, hoe lyk die prentjie in jou kop? 
•  Waardeur word ons beeld van God gevorm?  
(Bybel, Gebed, Vriende, Mentors, dinge wat met ons gebeur, ons verlede) 
•  Voel jy dat jy God kan vertrou met jou HELE lewe? 
•  Wat het al met jou gebeur wat gemaak het dat jy getwyfel het of God vir jou omgee? 
 

ONTHOU: Ons kan God nie in ’n prent of beeld vasvang nie. En ons kan en moet God vertrou met ons hele lewe - net soos Abraham het. 
 
Wegstuur:  
God is goed en God voorsien. God is anders as die beelde wat ons van God het. Verbeel jou nou jy staan voor God, jy met jou verlede en al jou bagasie. 

•  Wat sal jy vir God wil sê? (Gee ’n oomblik van stilte.)
•  Wat sal God vir jou sê? (Gee ’n oomblik van stilte.) 

•  Sou jy bereid gewees het om jou kind se lewe so te offer?
•  Sou jy bereid gewees het om jou ma of pa of broer of vriend so te offer?
•  Is jy bereid om jou eie lewe aan God te offer?
 
Kernwaarheid: 
Die toets van Abraham se geloof en die motivering daaragter kom klop eintlik aan ons deur. Waarom glo ons? Is dit om iets te kry? Of om van iets te vlug? Wat God van ons eis, is om Hom lief te hê met ons hele hart, siel, krag en verstand. 

Die vraag is of ons net opsoek is na God se redding, maar wegskrum van die eise wat daarmee saam gaan; of ons God net wil dien in tye wat wat dit met ons goed gaan en wanneer daar min van ons verwag word?  
 
Bid saam

 

bottom of page