top of page

Verhouding

Koffie

Ysbreker: Jy wen 3 ontbyte met alles ingesluit by ikigai - wie nooi jy saam?

 

Open met gebed

 

Vraag: Hoe hou die persoon links van jou van sy/haar koffie? En waar is hul gunstelling koffie-winkel?

Vraag: Sou jy sê dis vir God belangrik dat ons weet hoe die persoon links van ons van hul koffie hou? 

5 Liefdestale in terme van koffie:
1) Dade van diensbaarheid/Acts of Service: Ek het vir jou koffie gemaak.
2) Opbouende woorde/Affirmation: Jy maak baie lekker koffie.
3) Kwaliteit tyd/Quality Time: Wanneer kan ek en jy gaan koffie drink?
4) Geskenke/Receiving gifts: Hier is vir jou 'n mooi nuwe koffie-beker.
5) Fisiese aanraking/Physical Touch: Kom ek hou jou vas soos 'n vars Cappuccino.

Vraag: Wat sou jy sê is jou liefdestaal wat jy wil ontvang in terme van koffie?

Vraag: Hoe sou deernis/compassion in terme van koffie wees?
Noem: "Ek weet jy hou van swart Ricoffee met 6 suikers. En al keur ek dit nie goed nie, het ek begrip vir hoe jy oor jou koffie voel."

 

Vraag: Hoe laat dit jou voel as iemand weet hoe jy van jou koffie hou?
Noem: Dit laat jou goed voel. Ons almal het 'n behoefte "to be known".

 

Noem: Die wêreld leer ons om die perfekte foto van ons eie koppie koffie op Instagram te post. Jesus leer ons om saam met ander 'n nie-perfekte koppie koffie te kan geniet.

 

Vraag: Wat keer baie dat ons as Christene vir mekaar omgee en saam koffie drink?
Noem: Trots. Selfsug. Ons is nie bereid om ander te vergewe nie.

 

Retoriese vraag: Word jy nog geraak deur ander se honger, armoede en hartseer? Of is ons net bekommerd oor ons eie perfekte koppie koffie?

Vraag: Ons sing: "God is Liefde juig ons harte?" Gee jou defenisie van God se WARE LIEFDE?

Lees: Romeine 12:9-21
Lees: 1 Korintiërs 13:4-7

Vraag: Dis daardie liefde wat maak dat 'n gemeenskap/gemeente kan ooreenstem om saam te groei. Hoekom moet ons hierdie liefde teenoor mekaar uitleef selfs wanneer ons voel daardie persoon verdien dit nie?
Noem: Want dit is die liefde wat Jesus vir ons het. Ons sal nooit Christus se liefde kan verdien nie. En tog het Hy vir ons aan die kruis gesterf.

 

Lees: Johannes 13:34-35

Sluit af met gebed
 

bottom of page