top of page

BYBEL

ANTIEKE WYSHEID

Ysbreker: Dink aan iemand in jou verlede by wie jy baie geleer het. Wie was dit en wat het die persoon jou geleer?

 

Open met gebed

Vraag: Wat is Wysheid?
Noem: "the ability to think & act utilizing knowledge, experience, understanding, common sense, and insight." "Kennis is om te weet hoe om vuur te maak, wysheid ken die gevare." "Wysheid is om vir jou vrou te luister."

Vraag: Die Bybel is bitter lank terug geskryf. Sou jy sê die Bybel kan vandag nog vir ons help met praktiese wysheid? Of is dit meer soos 'n teoretiese, filosofiese geskiedenis boek?

Vraag: Het Jesus ooit gesê:

1) Luister na jou hart

2) Be true to yourself

3) Trust your gut 
4) Happiness is what matters

5) Just be a good person

6) Share hierdie met 5 vriende op Faceook vir "good luck"

7) Go on an adventure to know youself? 


Noem: NEE! Jesus het hierdie goed nooit gesê nie! Maar dis die tipiese "Facebook/Instagram wysheid" wat ons glo en like en share! 

Lees: Fillipense 3:7-16
Lees: Spreuke 13:13-18

Noem: Die wysheid van die Ou testament is nie oor slimwees nie. Dis praktiese wysheid wat vir mense wil help om elke dag ‘n beter en meer sinvolle lewe te leef en keuses te maak.


Vraag: Wat staan vir jou uit in die teks? 


Vraag: Hoeveel moeite doen jy om God beter te leer ken? Strek jy jou uit na Jesus en sien jy Hom as die wenstreep. Sien jy Jesus as die antwoord om sin te maak van hierdie aardse lewe? Hoeveel tyd spandeer jy aan gebed vir wysheid? Of Google jy jou vrae?
Noem: Ons sukkel om ons los te maak van die wêreld. Ons behoort ons uit te strek na Jesus vir wysheid en sin in hierdie lewe, maar ons sien baie keer "die wenstreep" as vroeë aftrede, strandhuis op Hartenbos, oorsese vakansie, blink motor, suksesvolle kinders......

Vraag:

Watter van die wyshede/gedagtes hieronder praat vandag die meeste met jou: 

•    Moet nooit ophou om van vooraf te begin nie.
•    Leef opsetlik, nie doelloos nie.
•    Moet nooit wanhopig raak nie.
•    Bid eenvoudig.
•    Hou op om ander te oordeel.
•    Bly waar jy is en leer wat jy moet leer.
•    Wees nederig in jou geloof.
•    Erken jou gebrokenheid.
•    Wees realisties.
•    Moenie altyd net die slegste in mense raaksien nie.

Lees: Jakobus 3:13-18

Vraag: Ek vra weer - wat is Wysheid? En hoe kan ek weet of iemand wys is en of hy net 'n gladde tong het?
Noem: Wysheid is die vermoë om te weet hoe God wil hê jy moet optree in elke situasie. As iemand sê hy het wysheid - toets dit wat hy sê en doen aan die vrugte van die Gees. Ware wysheid bring jou in 'n regte verhouding met God - nie rykdom en gemak nie.

Vraag: Hoe kry ons hierdie wysheid?


Lees: Jakobus 1:5

Lees: Lukas 9:23-24

Sluit af met gebed
 

bottom of page