top of page

DOEL op AARDE

GESEëN MET 'n LAS

Vraag: Wanneer voel jy #blessed?

Noem: Wanneer ek 'n nuwe bakkie kan koop, 'n glas wyn in Italië drink of op my strandhuis se stoep sit met 'n roomys. Wanneer daar vir 'n week nie load-shedding is nie. 


Vraag: Behoort "om geseënd te wees" vir 'n Christen iets anders te beteken as vir 'n nie-Christen?

Vraag: Wat dink jy beteken dit om geseënd te wees met 'n las?

Lees: Genesis 12:1-4
Noem: God seën ons sodat ons 'n seën vir ander mag wees. God het vir Abraham geseën - sodat al die volke op aarde geseën kon word. Maar daarvoor moes Abraham 'n "las" dra en gehoorsaam wees aan die Woord van die Here en wegtrek van sy land en sy mense. “Seën gaan nie altyd oor wat ons het nie, maar eerder oor die manier waarop God kies om in ’n verhouding met ons te staan. 

 

Vraag: Hoe kan ons vir ander 'n seëning wees?
Noem: Bemoedig iemand, help iemand, spandeer tyd aan iemand, spandeer jou geld aan ander, luister na mekaar, leer ander en vergewe ander maklik.

Vraag: Bill Hybels skryf in sy boek “Holy Discontent” dat God in elke mens se lewe ‘’n Goddelike las" sit wat God se hart, God se karakter en God se natuur, God se diepste binneste wys. Wat sien jy raak, wat moet beter raak in die wêreld waarin ons leef?

 

Vraag: Wat breek jou hart?

Lees: Nehemia 1:3-4

 

Vraag: Wat maak jou kwaad?

Lees: Eks. 2:11

Vraag: Waarvoor gee jy om waarvoor ander nie omgee nie? 

Lees: Jesaja 6:7-9

Vraag: Wat lê die Here vandag op jou hart?

Vraag: Hoe wil God nie hê ons moet reageer op "Holy Discontent" nie?
•    
Kla oor jou las 
•  
 Ignoreer jou las

•    Sonder God die Discontent aanpak. Anders is dit nie Holy nie.
•    Die las aanpak vanuit ‘n
skuldgevoel en maak dit ander se las

Noem: Nehemia se Holy Discontent het hom van trane na aksie laat oorgaan. Nehemia was 'n puik leier met die vermoë om sy mense te begeester vir 'n taak. Hy het oor die wysheid beskik om probleme op te los, lokvalle van sy vyande te vermy en met deeglike beplanning, spanwerk en moed die werk wat hy ontvan het, te voltoooi. Moses het eers verkeerd gereageer op die discontent deur iemand dood te maak, maar het toe die volk gelei uit Egipte uit. Al was die woestyn #warm en vol #uitdagings het Moses se Holy Discontent hom gedryf tot aksie in diens van die Here en ander. Jesaja se Holy Discontent maak hom bereid om 'n boodskap te verkondig aan mense wat nie wil luister nie, nie wil versaan nie, en nie wil glo nie.

 

Noem: #blessed gaan nie net oor maanskyn en rose nie. #blessed gaan daaroor dat ‘n Groot God met jou ‘n verhouding wil hê. Dat ‘n Groot God jou spesiaal gemaak het met 'n spesiale taak. Dat 'n Groot God vir jou 'n Holy Discontent met iets op hierdie aarde gegee het, sodat jy 'n plan kan maak, 'n span aanmekaar sit, mense opgewonde maak en begin werk sodat jy 'n seëning vir ander kan wees. Wat vir nie-Christene na 'n las lyk, raak vir jou 'n seëning in diens van GOD.  So..... waar stuur God jou?

 

Sluit af met gebed
 

bottom of page