top of page

GELOOF

Twyfel jy?

Ysbreker: Wie van julle het al 'n selfie geneem met jou selfoon? Hoekom/hoekom nie?

Open met gebed

Vraag: Waar sou jy sê is God teenwoordig?

Vraag: Wie het 'n foto op sy foon waar 'n klomp mense bymekaar is? Waar en van wie is dit geneem?

Vraag: Was God ook teenwoordig toe daardie foto geneem is? 

Vraag: Is God se teenwoordigheid duideliker by een van hierdie plekke as by van die ander plekke? Hoekom, of hoekom nie?

Vraag: Wie het al ooit 'n oomblik beleef waar hy gewonder het of God nog by hom is en gewonder het of God besef hoe swaar hy op daardie oomblik kry?

Vraag: Wat laat jou soms twyfel of God by jou is en vir jou omgee? 
Noem: Siekte. Verhoudings. Finansiële terugslag. Teenspoed. Dood. Sonde.

Lees: Matteus 11:2-6

Lees: Matteus 14:29-31
Leus: Matteus 27:46

Noem: Selfs Johannes & Petrus het oomblikke gehad waar vrees hulle laat twyfel het in God. Selfs vir Jesus het dit in 'n oomblik aan die kruis gevoel dat God Hom verlaat het.


Noem: In tye van swaarkry en hartseer ervaar ons dikwels nie vir God nie, omdat God nie laat gebeur wat ons wil hê moet gebeur nie. Maar God is altyd by ons. Ons moet nooit ophou glo dat God by ons is en vir ons omgee nie. In sulke tye moet ons weet dat God met ons is en vir ons omgee, al verstaan ons nie hoekom ons hierdie pyn en swaarkry moet ervaar nie. God is altyd by ons.

 

Vraag: Dalk is die tye wat ons twyfel of God vir ons omgee, tye wat ons twyfel of ons genoeg gedoen het om deur God gered te kan word? Wanneer red God ons?

 

Vraag: 
Word ons gered omdat ons gedoop is? (Nee)
Word ons gered omdat ons altyd die regte ding doen? (Nee)
Word ons gered omdat ons elke Sondag kerk toe gaan en elke dag Bybel lees? (Nee)


Noem: Ons word gered omdat ons 'n verhouding met God het.

Noem: Daar is 'n beeld waar God beskryf word as 'n duif. Wanneer ons rustig is en ons verhouiding met God gesond is, sit die duif rustig op ons skouer. Maar wanneer ons besig raak met die wêreld se dinge, te hard werk, nie tyd maak vir bid en bybel lees nie, nie tydmaak vir samekoms van gelowiges op 'n Sondag nie - dan is ons so onrustig dat die duif nie kan stilsit nie - die duif styg dan op en vlieg bo ons. Maar die duif verlaat ons nooit nie. God verlaat ons nooit nie. En wanneer ons weer rustig raak en ons verhouding met God herstel, dan eers sal die duif weer afsak en op ons skouer kom sit.

 

Vraag: Waar kan God ons ontmoet? Kan God ons net ontmoet by die kerk of wanneer ons Bybel lees?
Noem: God is altyd by ons. God is op elke groep foto en selfie wat ons neem. Ons moet net bewus wees van God. Ons kan weet dat God by ons is in goeie en in moeilike en hartseer tye, 24uur van elke dag.

 

Vraag: Dink jy dit sal jou anders laat voel en optree as jy vertrou dat God 24uur van die dag by jou is?
 

Lees: Jakobus 1:6

Sluit af met gebed
 

bottom of page