top of page

DADE

Vergifnis

Ysbreker: Wat is jou planne vir die Desember vakansie?

Open met gebed

Vraag: Wat sou jy sê betekend dit om iemand te vergewe?
Noem: Om te vergewe, beteken om ’n oortreding te verskoon. In die Bybel beteken die Griekse woord wat met “vergifnis” vertaal word, letterlik “om te laat vaar”, soos wanneer iemand nie daarop aandring dat skuld afbetaal word nie.

 

Vraag: Wat vra die nagmaal van ons voor ons die brood eet en die wyn drink?
Noem: Ons word herinner aan die Onse Vader gebed:

 

Lees: Matteus 6:8-12

 

Noem: Ons Christen geloof is gegrond op die onverdiende vergifnis wat God vir my en vir jou gegee het. Tydens nagmaal vier ons daardie onverdiende vergifnis en genade.

 

Vraag: Hoeveel keer vergewe jy iemand voor jy gewoonlik opgee?
 

Lees: Matteus 18:21-35

 

Noem: Binne die Joodse tradisie was dit genoeg om iemand drie maal te vergewe. Na die derde keer stap jy weg van die persoon wat jy probeer vergewe. Petrus wil met ’n 7 maal vir Jesus beïndruk. 7 sal tog werk Here! Sewe is tog die volmaakte getal. 

 

Vraag: Dink jy dit is vir Jesus belangrik dat ons ander moet vergewe?
 

Lees: Johannes 13:34-35

 

Noem: As ons net mense vergewe wanneer hulle dit verdien, maak dit ons niks anders as nie-Christene nie. As ons, ons vergifnis kon verdien, hoef Jesus nooit aan 'n kruis te gesterf het nie.

 

Vraag: Wanneer het 'n Christen iemand werklik vergewe?
Noem: Ons vergewe ander wanneer ons gegriefdheid laat vaar en nie daarop aandring om vergoed te word vir die pyn of verlies wat ons gely het nie. Die Bybel leer dat onselfsugtige liefde die grondslag is vir ware vergifnis, want liefde “hou nie boek van die kwaad nie”. 


Lees: 1 Korintiërs 13:4-5.

 

Hoe om iemand te vergewe:
1)    Onthou wat vergifnis behels. Jy keur nie die oortreding goed of maak asof dit nooit gebeur het nie - jy laat dit eenvoudig net vaar.

2)    Dink na oor die voordele wat vergifnis inhou. Om woede en gegriefdheid te laat vaar, kan jou help om kalm te bly, om jou gesondheid te verbeter en om gelukkiger te wees (Spreuke 14:30; Matteus 5:9). Wat selfs belangriker is, is dat God jou sondes sal vergewe as jy ander se sondes vergewe.- Matteus 6:14-15.

3)    Betoon empatie. Ons almal is onvolmaak (Jakobus 3:2). Net soos ons vergewe wil word, moet ons ook ander se oortredings vergewe.- Matteus 7:12.

4)    Wees redelik. Wanneer ons oor iets kleins ontsteld is, kan ons die Bybel se raad toepas: “Hou aan om mekaar te verdra.”- Kolossense 3:12-13.

5)    Tree gou op. Probeer om so gou as moontlik te vergewe, en om nie toe te laat dat jou woede jou verteer nie.- Efesiërs 4:26-27.

 

Noem: 'n Christen se vergifnis lyk anders as die waarvan die wêreld ons leer. 'n Christen vergewe, omdat Christus ons vergewe het. As vergifnis maklik was, sou ons dit sonder God kon doen. Sonder God se hulp is Christen-vergifnis onmoontlik. So vra vir God se hulp. Is daar dalk iemand in jou lewe wat jy vanaand moet vergewe?

Sluit af met gebed.
 

bottom of page