top of page

VERHOUDING

Eerste Liefde

Ysbreker: Hou oud was jy toe jy die eerste keer verlief was op iemand? Vertel 'n bietjie.

Open met gebed

Vraag: Hoe tree jy anders op wanneer jy so verlief is?
Noem: Jy kan nie genoeg tyd saam met hulle spandeer nie. Jy wil hulle die hele tyd bel/whats-app/sms/mixit/'n brief skryf?? Jy wil uitvind waarvan hulle hou. Niks voel vir jou soos moeite nie. Jy spandeer maklik geld op hulle - koop blomme, sjokolades, hangertjies. Verander jou facebook agtergrond, sit fotos op Instagram of in jou beursie, niks wat sy doen maak jou kwaad......

 

Vraag: Het jy al so 'n geestelike hoogtepunt in jou lewe ervaar? Wanneer en waar was dit?

Vraag: Hoe lank het daardie verliefdheid op daardie eerste liefde geduur?

Vraag: Waar sou jy sê is jy tans met jou geestelike toewyding? Koud of warm? Of lou?

Noem: Daardie "verliefde" stadium van 'n verhouding skep die wanindruk dat daardie persoon ons nooit teleur sal stel of kwaad maak nie. Net so skep 'n geestelike hoogtepunt soms die wanindruk dat dit net sal goed gaan met ons. 

Lees: Openbaring 2:2-5

Vraag: Die hoogste bergpiek in die wêreld is Mount Everest.  Hulle reken daar was al sowat 6,098 mense sedert 1921 bo op Everest. Omtrent 310 mense het al gesterf terwyl hulle die berg geklim het. Dink jy die meeste mense is dood met die op se klim of die af se klim?
Noem: Meeste persone is dood met die af se klim, nie die op se klim nie.

Vraag: Hoekom dink jy is dit so?
Noem: Hulle is moeër. Hulle konsentreer nie meer so mooi nie, want hulle voel hulle was reeds bo en het hul doel bereik. Hulle het al te veel teenstand beleef tydens die opklim. 

Vraag: Wat kan hierdie klim van Everest ons leer van ons geestelike lewe?
•    Die lewe bestaan uit die goeie en slegte. Daar is geen waarborg dat as ons 'n Christen is, dat ons nie teenspoed, siekte en swaarkry sal ervaar nie. Lees: Mat 5:45
•    Dit is ook nie moontlik om op ‘n geestelike hoogtepunt te bly nie. Daardie geestelike hoogtepunte wat ons het is baie keer nie die einde van die pad wat ons saam met God moet stap nie, maar die begin. Of 'n punt langs 'n lang pad. En dis 'n pad met hoogtepunte, maar ook lae dalle en slote.

 

Vraag: Hanteer jy nog jou verhouding met God soos 'n "eerste liefde"?

 

HOE LYK “EERSTE LIEFDE”?
1. Daar is ‘n onversadigbare begeerte om meer van die ander persoon te leer ken.
2. Daar is groot belegging in die verhouding.
3. Daar is intense aandag van jou hart!

 

Vraag: Wat maak jou baie keer moedeloos in die kerk en verdof daai "eerste liefde" gevoel?
Noem: Dalk het mense jou kwaad gemaak of teleurgestel. Dis sulke tye wat ons ontrek van die kerk - en dis ook tye wat ons commitment en verhouding afkoel. Ongelukkig maak baie Christene die fout om te dink hulle is die stukkie hout wat die warmste brand in die vuur, maar wanneer hulle hul self ontrek van die vuur (gemeente) is wanneer hul geloof afkoel. Soms skaam ons onsself vir ons eie aksies en sonde. 

 

Vraag: As ek my hele lewe lank konflik en swaarkry probeer vermy, kan ek dan groei?
Noem: Nee. Groei gebeur in daardie oomblikke van swaarkry. Beweeg weg van jou persoonlike comfort zone na daar waar God jou soek. Commit en byt vas daar waar God jou wil gebruik.

 

Lees: Fillipense 3:13-16

 

Noem: Selfs al faal ons en stel ander mense ons teleur, faal God nooit nie. God verlaat ons nooi nie, en God is altyd bereid om ons te vergewe wanneer ons faal. God moet altyd ons "eerste liefde" bly en ons gesindheid moet nie verslap wanneer dinge moeilik gaan nie. Selfs al voel ons taak soos Mount Everest. Sit net 1 voet voor die ander en vertrou op God. Gee jou hart weer vir God.
 

bottom of page