DIE HERE IS NIE NET ‘N VALENTYN-SKIM NIE…

   

Ysbreker:

  • Wat is die malste “pickupline” wat jy al gehoor/gebruik het?  (Blykbaar is die beste ene volgens Google - “Waarvan hou jy op jou pizza?”)

 

Lees: 

 

Praat Saam:

  • Die woorde “ken” en “weet” word ‘n paar keer hier herhaal.  Wie “ken” en “weet” van wie?  Hoekom herhaal die woorde?

  • Is die feit dat die Here ALWETEND is, JOU KEN en OMSLUIT vir jou ‘n troos of maak dit jou bietjie bang?  Hoekom?

  • Wat wys God se INTIEME ken van JOU, Sy Alwetendheid, jou oor Sy liefde VIR JOU?

Lees: 

 

Praat Saam:

  • As jy die Psalmdigter was, watter plekke sou jy opnoem waar God “dalk” nie is nie?  Was daar al so ‘n tyd of plek wat jy gevoel het Hy was nie daar vir jou nie? 

  • God is ORAL – die mooi woord is ALOMTEENWOORDIG!  Is die feit dat die Here ALOMTEENWOORDIG is vir jou ‘n troos of maak dit jou bietjie bang?  Hoekom?

  • Wat wys God se DAAR WEES, Sy Alomteenwoordigheid, jou oor Sy liefde VIR JOU?

Lees: 

 

Praat saam:

  • Sondag het ons ‘n paar interessante feite gehoor oor ons ontwikkeling as baba’s in die moederskoot.  Wat is vir jou die ongelooflikste feit oor jou ontwikkeling of bestaan as mens?  En die heelal?

  • (As jy nie by die diens was nie “Google” ‘n paar interessante feite oor die mens en die heelal)

  • Die Here het die HEELAL gemaak en Hy onderhou dit – te midde van natuurrampe, fratsongelukke, siektes of watookal SIEN mens Sy hand oral en in alles – dit laat ons besef God is ALMAGTIG!  Is die feit dat die Here ALMAGTIG is vir jou ‘n troos of maak dit jou bietjie bang?  Hoekom?

  • Wanneer jy dink oor hoe wonderbaarlik en in detail JY en die HEELAL geskep is, wat wys God se ALMAG en KRAG jou oor Sy liefde vir JOU?

Dink: 

  • Die Here is baie NOU en INTIEM betrokke by ons ELKE DAG se bestaan.  Sy betrokkenheid in ons lewens is nie soos ‘n Valentynsdagkaartjie van ‘n naamlose Skim nie net SOMS EN OP SEKERE DAE nie.  Dit beteken:
     - Hy KEN ons DEUR en DEUR! – Hy is ALWETEND!
     - Hy is ALTYD EN ORAL BY ons! – Hy is ALOMTEENWOORDIG!
     - Hy het ons WONDERLIK EN IN FYN DETAIL GEMAAK&NIKS IS VIR HOM ONMOONTLIK NIE! – Hy is ALMAGTIG!

  • Soek jy ‘n bewys van die Here se liefde elke dag – dit lê nie in kaartjies en geskenke op seker tye nie, maar in die feit dat jy LEWE!  En in die NATUUR!  En in MEKAAR! 

Bid: 

Leef saam: 

  • Soek elke dag ‘n feit oor jou as mens of oor die aarde of heelal wat jou herinner aan die Here se ALWETENDHEID, ALOMTEENWOORDIGHEID en/of ALMAGTIGHEID en BO ALLES Sy BETROKKENHEID in ons lewens.  Deel dit met mekaar.

Terug na Praatpapiere