top of page

'n VOL Lewe

Geloof

Ysbreker: Wat is die eerste ding wat jy in die oggend doen?

  

Praat Saam:
1) Wat sou jy sê beteken dit om 'n VOL lewe te hê?

2) Sou jy sê jy begin jou dag "met 'n lied in jou hart"? Hoekom "ja" en hoekom "nee"?

3) Het jy al 'n oulike boek gelees wat stap-vir-stap wys hoe om daardie lied in jou lewe te kry?

Noem: Soos 7 Habits of Highly effective people, The 5am Club, Awake the Giant within, The Secret, The Power of Positive Thinking, The 4 hour work week, The 5 second rule, The Monk Who Sold His Ferrari - daar is baie sulke boeke.

3) Dink jy Dawid het met 'n lied in sy hart opgestaan?

Noem: Natuurlik. Kyk net hoe baie Psalms het dit tot in die Bybel gemaak.

4) Wat het vir Dawid daardie lied in sy hart gegee?

Noem: Dit was Dawid se Geloof, Verhouding en Verstaan van en met GOD.

5) Dink jy dalk dat Dawid 'n lied gehad het omdat hy Koning was en in 'n paleis gebly het? Wat dan van Paulus? Sou jy sê Paulus het met 'n "lied in sy hart" geleef?

Lees saam: Handelinge 16:22-26

6) Ek vra weer: wat het hierdie twee mans 'n "lied in hulle hart" gegee?

Noem: Christus was Dawid en Paulus se "why". God was hulle "cause". As hulle hulself vra "Hoekom is ek op aarde gesit" dan was hulle antwoord "om God te dien". Dis waaroor, vir wie en hoekom Dawid en Paulus gesing het.

7) Hoekom is jy in 'n beter posisie as Dawid & Paulus om God te ken en 'n lied in jou hart te kan hê?​

Noem: Jy het iets wat hulle nooit gehad het nie. 'n Bybel. Gebruik jy hierdie kosbare boek? Lees jy hierdie stap-vir-stap storie oor jou "why"? Of lê hy net op jou bedkassie? Of is jy onseker waar hy lê?

Noem: Uit nature is die mens sondig en doen ons verkeerde dinge. Of jy met 'n "lied in jou hart" gaan leef gaan nie oor hoe "slim" of "ryk" jy is nie - dit hang af van jou keuses. Kies jy soos Dawid en Paulus vir Christus?

 

8) Is dit maklik om God te kies en met 'n "lied in jou hart" wakker te word?

Noem: Nee, dis nie altyd maklik nie. Die lewe is wreed en hard en onregverdig. Dis hoekom jy daagliks moet Bybel lees. Dis hoekom ons, ons dag moet begin met gebed. Dis hoekom ons mede-gelowiges kan vra vir hulp en om vir ons te bid. Dis hoekom ons, ons naaste moet vergewe en help waar God ons stuur. Om God elke dag te kies is nie die "maklike ding" nie - dis die "regte ding" om te doen.

Noem: Hulle sê dat as jy elke dag 10minute gesels met jou plante dat hulle beter sal groei. Dink net hoe jy sal kan groei as jy elke dag 10min met God gesels? 'n VOL lewe is een vol van die Heilige Gees. Daar is nie 'n kortpad nie. Kies God elke dag met jou hele hart, siel en verstand.

9) Hoe kan ons, ons lewe VOL van die HEILIGE GEES kry?

> Maak die Keuse - kies om anders te leef as jou sondige natuur

> Spandeer tyd in die Woord

> Spandeer tyd in Gebed

> Spaneer tyd met mede gelowiges en gesels oor jou daaglikse dinge en geloof

10) Watter raad het Paulus vir ons oor 'n VOL lewe?

Lees: Efesiërs 5:15-20

Lees: Spreuke 9:10

Bid saam:

Die Here is my vesting,

die Here is my krag

Hy's my bron en Hy's redding

die Een op wie ek wag

die Here is my voorspoed

Hy sal vir my voorsien

Soos 'n Pa sorg vir sy kinders

gee Hy meer as wat ek ooit sou kon verdien.

bottom of page