"Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid
tot eer van die Here. " Kol 3:16
Hierdie groepe kom weekliks bymekaar om te gesels oor hoe hulle God in hul lewens ervaar.
Daaglikse uitdagings soos tyd, geld, verhoudings, werk, kerk, families en geloof word bespreek.
Jy hoef nie dwars deur die jaar deel te neem aan die groepies nie. Daar is in die 2de en 3de kwartaal
'n tema waaroor gepreek word,
tydens junior en senior kategese
gesels word en in die groepies behandel gaan word.
Jy kan inskakel by 'n groep en as dit verby is
en jy wil nie meer deelneem nie, is jy vry.
Maar jy sal waarskynlik nie wil ophou nie :)
Reekse wat ons reeds gedoen het in die verlede:
Dit sal 'n lekker saam kuier geleentheid
wees waar vriende oor God kan praat.
As jy wonder wat God se plan vir jou
lewe is - kom kuier saam.
As jy jou eie groep wil begin, laat weet ons
dan gee ons jou die materiaal.
Kontak vir Sakkie
as jy sou belangstel om deel te neem of
om by 'n Groei Groep aan te sluit.
Die aande begin 18:30 en sal nooit
later as 20:00 aanhou nie
Sakkie - 072 298 4213