Groei Groepe

"Laat  die woord van Christus  ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid

 tot eer van die Here.  " Kol 3:16

Hierdie groepe kom weekliks bymekaar om te gesels oor hoe hulle God in hul lewens ervaar.

 

Daaglikse uitdagings soos tyd, geld, verhoudings, werk, kerk, families en geloof word bespreek. 

 

Jy hoef nie dwars deur die jaar deel te neem aan die groepies nie. Daar is in die 2de en 3de kwartaal

'n tema waaroor gepreek word,

tydens junior en senior kategese

gesels word en in die groepies behandel gaan word.

 

Jy kan inskakel by 'n groep en as dit verby is

en jy wil nie meer deelneem nie, is jy vry.

Maar jy sal waarskynlik nie wil ophou nie :)

Reekse wat ons reeds gedoen het in die verlede:

 

 

Dit sal 'n lekker saam kuier geleentheid

wees waar vriende oor God kan praat.

As jy wonder wat God se plan vir jou 

lewe is - kom kuier saam.

 

As jy jou eie groep wil begin, laat weet ons

dan gee ons jou die materiaal.

 

Kontak vir Sakkie

 as jy sou belangstel om deel te neem of

om by 'n Groei Groep aan te sluit.

 

Die aande begin 18:30 en sal nooit

later as 20:00 aanhou nie

Sakkie - 072 298 4213

 
Voorblad 1.jpg