KRUIETUIN
IS JY SAAM MET ANDER OPPAD IN JOU GELOOFSREIS?

   

Praat Saam:

1) As jy deur ‘n moeilike tyd gaan met wie gesels jy gewoonlik?  

  
2) Was daar al ‘n tyd in jou lewe wat JY iemand in ‘n moeilike tyd kon help?

 

3) Hoe help die quote jou as jy dink oor die mense wat tans in jou lewe is – jou vriende, ouers, die kerk ens?
 

4) Dink weer aan die video “Kruietuin”.  Is daar dalk ‘n “link” tussen die video en die “quote”? 
 

5) Wanneer is die tye in ‘n mens se lewe, wanneer jy graag sal weet daar is ‘n geloofsfamilie in jou lewe wat jou kan troos of vir jou bid?

    

Lees saam: 

Markus 2:1 – 12

 

1) Wys die verhaal iets van die “quote” hierbo en die kruietuin-video waarna ons gekyk het? 

2) Watter waardes stel hierdie vriende ten toon?


3) Is hierdie waardes goed wat tans in jou vriendekring, familie, by die kerk is? Kan jy aan 'n voorbeeld dink?

 

4) Hoe kan ons help om hierdie waardes te begin vestig by die kerk, by jou familie EN jou vriendekring?

Onthou:

In die saamwees as familie moet ons spasie maak dat ALMAL kan groei en word wat die Here wil hê hulle moet wees. Dit is in die saamwees dat die plante (en mense) hulle volle potensiaal bereik. Ons moet soms bereid wees om moeite vir 'n vriend te doen.

Nie alle kruie groei op dieselfde tyd nie, soms moet jy geduld hê met jouself. En soms moet jy geduld hê met ander.

Doen:

Komplimenteer 'n vriend of iemand in jou gesin op hul unieke gawe of talent. Sê vir hulle dat jy dit waardeer.

Kom deel dit volgende week met die groep.

Terug na ander Praatpapiere