Pizza

   

Praat Saam:

1) Hou jy van pizza? Watter tipe pizza is jou gunsteling? Wat daarop is vir jou die lekkerste?

 
2) Hou jy daarvan om 'n lepel sout te eet?
Nee

Hou jy daarvan om 'n lepel meel te eet? Nee

Hou jy daarvan om 'n pakkie kitsgis in te sluk? Nee

Nee. Dis vrek sleg op hul eie. Maar al die bestandele bymekaar maak 'n pizzadeeg. Al is hierdie items baie verskillend, as jy hulle saam sit bring hierdie bestandele die beste in mekaar uit en maak iets ongelooflik lekker.

    

Lees saam: 

1 Korintiërs 3:4-9

 

1) Hierdie mense het baklei oor wie die beste "dominee" was - Paulus of Appollos. Wat wil Paulus hê dat hulle moet verstaan?

 

Dat al doen Paulus en Appollos verskillende goed op verskillende maniere, dien hulle dieselfde doel - om Christus te dien. Hulle is dus nie kompetisie vir mekaar nie, maar deel van dieselfde span. Saam dien hulle God beter as elkeen op sy eie. Saam kan hulle mekaar ondersteun en saam groei. Dit is slegs deur saam te werk dat hulle hul volle potensiaal in Christus kan bereik.

 

Dis asof Paulus die sout en Appollos die "garlic" is, hulle is verskillend maar nodig om 'n lekker pizza te maak. Alleen is hulle minder werd. 

Onthou:

JY is spesiaal vir God. Al voel dit nie altyd so nie. Net soos 'n pizza nie sonder die deeg (sout, meel, gis, water) kan bestaan nie, kan 'n familie nie bestaan sonder JOU. JY het 'n doel in jou eie gesin en in die kerk-familie. God het jou "anders" gemaak vir 'n rede. Sonder JOU gaan die pizza nie dieselfde proe nie.

 

Net so is die res van jou gesin en kerk-familie essensieel vir God se pizza. Al is hulle ook soms "anders" gaan die pizza nie lekker proe sonder hulle nie.

Hierdie lewe gaan nie oor MY as enkel bestandeel nie, maar oor die pizza wat ek SAAM MET ANDER vir God moet maak. 

Wat bly die belangrikste bestandele van 'n familie-pizza?

GALASIËRS 5:22-23

Doen:

Besef jou eie unieke en spesiale waarde in jou gesin en kerk-familie.

Maak die week ekstra moeite om ander in jou gesin te laat besef dat hulle spesiaal is en dat jy hulle waardeer as deel van jou gesin. Al is hulle nie presies soos jy nie.

Soek vir iemand in jou kerk-familie wat lyk of hulle nie voel hulle is deel van die familie nie. Help hulle om te besef dat hul uniekheid hulle spesiaal maak in God se familie.

As daar tyd oor is:

Mary Ann Bird het geweet sy is anders as die ander kinders. Hulle het altyd snaaks na haar gekyk en dikwels met haar gespot. Sy is met 'n haaslip en 'n skewe neusie gebore en boonop het sy snaaks gepraat.

Wanneer die skoolmaats wat haar nie gespot het nie vir haar gevra het wat met haar lip en neus gebeur het, het sy altyd vinnig geantwoord: "Ek het deur 'n venster geval". Ten minste het hulle haar dan uitgelos.

Maar Mary Ann was al hoe meer oortuig dat niemand behalwe haar familie ooit vir haar lief sou kon wees nie.

Toe sy in graad 2 kom, was mev Leonard haar onderwyseres. Almal was dol oor hierdie juffrou, want sy was vriendelik en liefdevol. Elke jaar het hulle in daardie klas 'n gehoortoets gedoen. Die toets het so gewerk: Elke kind kry 'n beurt om alleen by die deur te gaan staan. Dan moet hulle, hulle een oor toedruk en die sin wat die juffrou vir hulle fluister hardop voor die klas herhaarl. Mev Leonard sou byvoorbeeld sê: "Die lug is blou" of "jou skoene is mooi skoon". Elke kind moes dan so 'n sin herhaarl.

Die dag met die gehoortoets het Mary Ann by die deur gaan staan en gewag vir die woorde wat sy moes herhaarl. Tot vandag toe glo sy dat God die woorde in mev Leonard se mond gesit het. Ses woorde wat haar hele lewe verander het. Mev Leonard het gefluister: "Ek wens jy was my dogter".

Terug na ander Praatpapiere