STUURMAN
JESUS IS MY STUURMAN - WIE IS JOUNE?

   

Praat Saam:

1) Wie is jou gunsteling superhero?  Hoekom?  Sou jy jou hero ‘n rolmodel noem?

  


2) Wat dink jy van die quote van Dr Strange?

    

Lees saam: 

Filippense 3:7 – 14

Filippense 4:4 – 9

 

1) Wanneer is iemand “suksesvol”?

2) Hoe sou Paulus hierdie vraag beantwoord?


3) Wanneer is iemand volgens die Bybel ‘n “Rolmodel”?  

 

4) Ken jy sulke mense?

5) Sou jy sê Jesus is ‘n voorbeeld van ‘n Stuurman? Hoekom?

6) Paulus praat oor ‘n KEN-verhouding met Jesus - Hoe sou so verhouding lyk?

7) Hoe kan jy ‘n Stuurman vir iemand anders (Jou vriende/boeties/sussies/ouers) wees?  

Onthou:

Om iemand te kan ken moet jy 'n verhouding met hulle hê. En om werklik 'n verhouding met iemand te kan hê moet jy tyd saam hulle spandeer.

Maak seker jy spandeer genoeg tyd saam met God.

Doen:

Maak hierdie week 'n nota elke keer wanneer jy tyd spandeer met God om vir Hom rigting te vra. Kyk aan die einde van die week hoeveel tyd jy hieraan spandeer.

Vra jouself dan die vraag of jy genoeg tyd saam met jou Stuurman spandeer. Vra jouself af wat tans jou rigting bepaal. Bepaal God jou rigting of sit jy langs 'n groot magneet wat jou kompas skeef trek.

Lees ook: (as daar tyd is)

Anders as die ander atlete, roei roeiers met die rug na die eindpunt.  Anders as die ander atlete, is hulle oë gevestig op die stuurman (die coxswain) en nie die eindpunt nie.


Die Stuurman is die motiveerder vir die res van die roeiers, hy is ook die een wat die kano moet stuur, hy gee die pas aan dat niemand uitsak nie en hy aanvaar volle verantwoordelikheid vir die veiligheid van die span!


Dit is interessant dat die woord coxswain ook letterlik beteken die bootslaaf.  
Die “cox” is OP die boot die een wat lei en stuur en moed inpraat en staan nie soos die coach op die wal en skree nie…nee die coxswain, die Stuurman is daar BY die res van die span op die boot.

Terug na ander Praatpapiere