Kategese Registrasie is op Sondag 23 Januarie 2022! 

Ons jeugbediening span is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê!

Ons gaan vanjaar Bybel Media se JEUGFOKUS materiaal gebruik wat digitaal & gedruk beskikbaar is. Daar is 'n fooi verbonde - wat die kerk reeds namens elke kategeet betaal het. Ouers kan ons net kontak sodat ons jou 'n "skakel" kan verskaf na die materiaal - geen koste aan die ouers. Daar is meer materiaal beskikbaar, maar ons gaan probeer om 20-25 lesse in die jaar te behandel. Meer inligting oor materiaal.

Gr.R-6: Begin in kerk en beweeg dan na kerksaal.

Gr.7-11: Woon Erediens by met 'n 20min les net na erediens.

2022 Kwartaal 1:

16 Jan 2022      Skoolvakansie         

23 Jan 2022      Kategese Registrasie

30 Jan 2022      Les 1 (Gemeente Braai) 

6 Feb 2022       Les 2

13 Feb 2022     Les 3                     

20 Feb 2022     Les 4

27 Feb 2022     Les 5                     

6 Mrt 2022       Les 6

13 Mrt 2022     Toetsweek             

20 Mrt 2022     Langnaweek

27 Mrt 2022     Skoolvakansie        

3 April 2022     Skoolvakansie

* Kwartaal 1 "Social" sal bevestig word

1ste Stel Previews (6).jpg

"Hierdie gebooie wat Ek jou vandag gegee het,  moet in jou  gedagtes bly.  Jy moet dit  inskerp by jou kinders  en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy oppad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.Deut 6:6-7

Jeug.jpg