Madagaskar

Dries and Marlee Volschenk - Madagaskar

 

Dries en Marlee dien as provinsiale direkteure vir die Fianarantsoa provinsie en woon in die dorpie met dieselfde naam. Dit beteken “ ‘n Goeie plek vir leer / ‘n plek om goeie dinge te leer”. Dries is ook verantwoordelik vir die nasionale onderwys departement vir die suide van die eiland.

Madagaskar is ‘n groot eiland met 16 miljoen inwoners, waarvan die helfte onder die ouderdom van 15 is. Armoede is ‘n groot probleem, nie net fisies nie, maar ook op geestelike gebied. Die meerderheid van die mense is animisties en aanbid voorvaders. Ook die kerke is vol daarvan.

Dit is wonderlik om te sien hoe God besig is om CEF te gebruik. Daar is 23 voltydse werkers op die eiland. Drie van hul werk saam met Dries en Marlee in Fianarantsoa. Hul het ook 27 vrywilligers in die dorp en nog ‘n paar in die landelike areas.

 
Meer as 1900 kinders word weekliks bereik deur 46 Goeie Nuus Klubs in die provinsie. Daar is nog baie werk wat gedoen moet word en ons vertrou die Here vir wonderlike vrug in hierdie bediening. In 2006 het meer as 950 kinders van Fianarantsoa Jesus as hul persoonlike Verlosser aangeneem.

Kontak Ben van den Berg 083 764 8408